082 852 0496

admin@stillesindieland.co.za

DEEL 3(6)

Ons Regte in Christus (Kol 2 : 9-10)

INHOUD DEEL 3(6)

60. Waar staan jy vandag?
61. Die laat reëns.
62. Nie ‘n verkeerde verwagting hê nie.
63. Die regverdige deur sy geloof sal hy lewe.
64. As jy najaag om Hom te ken.
65. Wat staan ons nou te doen?
66. Elf is die getal op pad na “12”.
67. Wie is hy wat lus het in die lewe?
68. Selfbeheersing.
69. Die lydsaamheid van Christus.
70. Totdat Christus in julle gestalte gekry het.
71. Seuns en dogters van God.
72. Wie is die heidene van ons tyd?.
73. God se reg moet op die aarde gevestig word.
74. Laat U koninkryk kom.
75. Die Groot dag van Jahweh.
76. Maar ons het die sin van Christus.

 

60. Waar staan jy vandag?

 

Dit is vandag die 10e Januarie 2021 en ek slaan die Skrif oop op Eseg 40: 1 wat ook verwys na vandag se datum: “…op die tiende dag van die eertste maand.” . Dan gaan die man met die linnetou voort om die afmetings van die Nuwe Tempel te toon aan die profeet Esegiël. Dit was in die 25ste jaar van die volk van God se ballingskap. Daar het dus nog 45 jaar voorgelê om die 70 Jaar vol te maak. Toe kom hierdie boodskap van hoop. Wat ‘n goeie, getroue en positiewe Vader! Vanmôre het nuwe hoop in my gees ingestroom temidde van al die negatiewe en verpleterende nuus elke dag: Weer nuwe inperkings aankondigings wat ons meer en meer ingrendel. Die “Conspiracy Teorie” wat nou oral die rondte doen, maak baie dinge openbaar—indien dit nie weer “Fake news” is nie. Jare gelede, in die Sewentigs, was ek deel van ‘n studiegroep in Komatipoort waar ons die Illuminati of Internasionale Geldmag se werksaamhede ondersoek en bespreek het. Maar gou het ek besef dat kennis van hierdie dinge—as dit die waarheid is—my niks sal baat nie. Ek moet die groot Alwyse, Alwetende en Almagtige God en Sy Seun, Jashuah Messiah, van naby leer ken, en Sy woord glo. Dan, en dan alleen, is ek veilig in die Rots verborge en hoef ek nie te vrees nie, al gebeur ook die ergste. Hy wil in elk geval nie hê dat ons dit ‘n verskrikking noem wat hierdie volk ‘n verskrikking noem nie. Hy sê dat ons dit nie so MAG noem nie. Dit is dus ‘n BEVEL! Lees dit:Julle mag nie alles ’n sameswering noem wat hierdie volk ’n sameswering noem nie, en julle mag nie bevrees wees vir wat hulle vrees, of verskrik wees nie” (Jes 8: 12). En op hierdie noot begin ek met Hoofstuk 10:

As jy die planne van die wêreld se geldbase lees in hulle “Great Reset” dan is daar waarlik genoeg dinge om oor beangs te word—mits jy natuurlik nie in die Rots (Jashuah) verborge is nie. Dit gaan in elk geval nou die groot toets wees hiervoor. Is dit dalk nou die beproewing wat oor die hele wêreld kom waarvan Open 3: 10 geprofeteer het? : Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel”. As jy beangs en bevrees is vir die verlies van al jou goed en selfs jou geliefdes se lewens, asook jou eie lewe, sal jy argumenteer hierteen. Dit is seker normaal vir iemand wat in die vlees lewe. En al is hierdie dreigemente en planne van die “Geldmag” slegs “fakenews” dien dit dan seker dié doel om jou te laat besef dat jy nog nie diep in die Rots skuil nie. Die “vrees/vrede meter” laat gou die rooilig flikker om jou te waarsku dat jy in ongeregtigheid wandel. Onthou jy nog dat vrede hand-aan-hand loop met geregtigheid (Ps 85: 11-12). Dan sê Jes 32: 17 ook:17En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid”.

Sal ons Vader en God in die hemel ooit Sy belofte aan ons verbreek toe Hy gesê het:18En my volk sal woon in ’n plek van vrede en in veilige wonings en in plekke van ongestoorde rus” (Jes 32: 18). Elke aand herinner ek Hom aan Sy belofte en dank Hom daagliks daarvoor (Jes 62 : 6). Ook vertrou ek die Heilige Gees dat Hy my gedurig sal lei om te sê: “Loof die Here, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!” (Ps 103: 1-2).

Iets wat ‘n mens laat wonder of daar nie waarheid is in die sogenaamde “Conspiracy theory” nie is Daniël 7: 7 en verse 19-28. Dit moet jy asb lees. Hy sê hier dat hierdie “vierde dier” teen die heiliges sal oorlog voer en hulle oorwin. Die Hebreeuse teks sê (in Engels vertaal), dat “he will wear them out mentally” (Dit is nou die Vierde dier). Ek het reeds baie oor hierdie Vierde dier gebid en die Vader het vir my duidelik gesê dat dit die “Geldmag of Illuminati” is. En het hy ons nie moeg gemaak nie? Verstandelik moeg—gees en siel moeg! Die nasies is afgemat (Klaag 5: 5-22). Maar daar is enkele vrae wat jy en ek ons self moet afvra: Werk die opstandingskrag van Jashuah waarlik in my? Indien wel, waarom dan ontstel ek my oor al hierdie dinge wat nou in die wêreld gebeur? Waarom verloor ek my vrede so maklik? As geregtigheid en vrede saamloop, wandel ek nie dalk in ongeregtigheid nie— veral die sonde van ongeloof? Eet ek nie dalk nog van die “Boom van kennis van goed en kwaad” nie? Het ek waarlik by die “Boom van die Lewe” uitgekom? Eet ek nou ononderbroke van die Boom van die Lewe? Onthou Christus is ons lewe (Kol 3: 4). Buiten Hom is daar geen lewe nie. Daar is wel kennis wat kom van die Boom van Kennis van goed en kwaad—ook kennis van aanvaarbaar en onaanvaarbaar —maar beslis nie kennis van die lewe nie! Die lewe—wat Christus is—vloei spontaan deur jou as Hy in jou lewe.

Sukkel jy om die Stroom van Lewende water al die tyd deur jou te ervaar, die Fontein van Lewende water in jou te hê (Joh 4: 13-14; 7: 38-39)? Soek jy telkens na geloof wanneer jy in ‘n krisis kom? Soek jy na liefde wanneer jy te nagekom word? Vererg jy jou as jou raad nie nagevolg word nie? As jy nie erkenning kry nie?

Voel jy, dat jy beter weet as jou man/vrou? Voel jy vererg as hy/sy jou raad nie volg nie? Indien wel, is jy seker dat jy nie dalk nog steeds by die Boom van kennis (beterweterigheid) eet en dan aan jou man gee om te eet, nie?

Voel jy, man, dat jy maar jou vrou se raad wil volg omdat sy afgesit voel as jy haar raad nie volg nie? Indien wel, het jy dalk al lankal, soos Adam die verbond verbreek: Maar hulle het soos Adam die verbond oortree, daar het hulle troueloos teen My gehandel” (Hos 6: 7). God het jou geskape en die opdrag gegee om oor die hele Skepping te heers—dit sluit jou vrou in (Gen 3: 16 ). Die tyd is daar dat die volk van die Heiliges die heerskappy moet oorneem oor die hele wêreld (Dan 2: 7) en hoe sal jy heers in die gemeente as ‘n voorganger as jy nie jou eie huis kan regeer nie (1 Tim 3: 4-5, 12)? As ons nie in die gemeente kan heers nie, hoe gaan ons die wêreld regeer? Ek bedoel natuurlik om op die regte manier te regeer—op God se manier—te regeer. Paulus sê: “Alreeds is julle versadig, alreeds het julle ryk geword, sonder ons het julle geheers. Het julle tog maar geheers, sodat ons saam met julle kon heers!” (1 Kor 4: 8). Dit was duidelik nie die regte manier van heers nie! Miskien was dit dalk ‘n heerskappy wat van die Boom van kennis af gekom het. Moenie vergeet dat, omdat die man uit die vrou gebore is, hy van geboorte af ook met die vrugte van beterweterigheid en eiesinnigheid sit nie. Lees Job 15: 14; Job 25: 4. Maar die vrou het eerste geëet en toe aan haar man gegee om te eet (Gen 3: 6). Adam het ‘n vrye keuse gehad om te eet of te weier. Toe hy eet wat sy vrou hom gegee het om te eet, het hy die verbond met God verbreek (Hos 6: 7): Hy het gewilliglik opgehou om te heers! En jy, man? Lees weer die vorige Hoofstuk 9 bladsye 17-24 as jy die tyd kry. Dit sal jou hierdie gedeelte beter laat verstaan.

Daarom het jy, vrou, ‘n groot verantwoordelikheid om seker te maak dat jy in die Gees wandel en dat al die vermaninge wat jy jou man gee, al die raad en kommentaar, van die Boom van die Lewe af kom—dus deur die Gees van Christus. Indien dit nie van Hom kom nie maar van die Boom van Kennis, is jy, man, verantwoordelik voor God om nie, soos Adam, die verbond te verbreek en daarvan te eet nie! Jy moet só met God se Gees vervul wees dat jy kan onderskei of die raad van God af kom of nie. Jy sal nie ‘n verontskuldiging hê nie. Net soos Adam—en talle ander mans (1 Kon 21: 25)— het jy dan self besluit om vir jou vrou te luister! O, hoe groot is die behoefte aan ‘n aandoening met die krag uit die hoogte wat Jashuah belowe het in Luk 24: 49,En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte”.

Wag op die belofte van die Gees

As ek sê ‘n “nuwe uitstorting van God se Gees” bedoel ek daarmee ‘n tweede Pinksterdag? Nee! Daar was slegs een só ‘n gebeurtenis. Maar, net soos wat talle gelowiges jare na Pinksterdag dieselfde Heilige Gees ontvang het, het elke gelowige dit nou weer nodig. Lees Hand 8: 14-17; Hand 9: 17; Hand 10: 44-45; Hand 13: 52; Hand 15: 8; Hand 19: 1-6.

Jy sal nou wonder of die “Spreek in tale” vandag nog ‘n bewys is dat jy met die Heilige Gees vervul is. Later skryf ek meer hieroor. Wat nou belangrik is, is die laat reëns waaraan ons nou oor die hele aarde ‘n groot behoefte het, en ons moet nou daarop wag!


61. Die Laat reëns.

 

Toe God by monde van die Profeet Joël belowe het dat Hy ‘n lotsverandering vir Sy volk stuur het Hy verwys na die uitstorting van die Heilige Gees (Joël 2: 23-32). Petrus het dit dan ook bevestig op Pinksterdag (Hand 2: 16-18). Maar, soos in ‘n saaiseisoen, die reën op sy tyd kom ten einde ‘n oes te bewerkstellig, die vroeë reëns om die saad te laat on onttkiem en die eerste fase van groei van water te voorsien. En dan die laat reëns om die koring tot wasdom en volle rypheid te bring. So is dit met die Woord wat die Saaier, Jashuah, gesaai het op hierdie aarde (Mark 4: 14; Matt 13: 37-38).

Die oestyd het gekom (Joh 4: 35). Deur die eeue het heiliges die woord gesaai oor die aarde, en nou moet ons—jy en ek— hierdie oes inbring (Joh 4: 37-38). Maar, die vraag is of die oes gereed is om in gebring te word? As ons gaan kyk na wat Johannes sê met betrekking tot ons gereedheid op die dag wanneer Jashuah kom, dan besef ons dat die oes nog reën nodig het (1 Joh 2: 28). Jashuah self het verskeie kere gewaarsku dat ons gereed moet wees op dié dag van Sy koms (Matt 24: 44). En hoe gelukkig is jy as die Here vir jou kan sê: “Mooi so goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou…”(Matt 25: 21). Ook as Hy waarsku dat Sy terugkeer na hierdie aarde so skielik en onverwags kom “soos ‘n dief in die nag”, is ons gereed? (1 Thess 5: 1-11). Maar om gereed te wees moet ons kan sê: “Vader, die werk wat U my gegee het om te doen het ek volbring” (Joh 17: 4). Om dit te doen soos Jashuah dit gedoen het, het ons dieselfde Gees nodig, as waardeur Hy dit gedoen het. Dit is die Gees van Christus (Rom 8: 9-17). Asseblief! Moenie sommer haastig deur hierdie Skrifte lees nie! Lees dit aandagtig met die gebed dat God deur Sy Gees dit lewendig sal maak in jou hart. As jy dit nou gedoen het, ervaar jy in jou hart dat jy iets kortkom in jou geestelike lewe, naamlik dieselfde Gees wat in Christus was, en nog steeds is? Dit is dié Gees wat dit alles neem uit wat aan Hom behoort en aan jou verkondig (Joh 16: 12-15). Onthou jy nog toe ek aan jou verduidelik het wat die begrip “…aan jou verkondig…” beteken? (Joh 16: 14-15). Ek het dit met die pantograaf van ‘n elektriese trein vergelyk. Dit is die toestel wat die elektriese krag van die oorhoofse kabels bring na die motors, sodat die trein sy swaar vrag kan trek. As die pantograaf nie kontak maak met die oorhoofse kabels nie, kan die krag van bo nie sy werk doen in die motors ten einde die trein in beweging te bring en sodoende sy swaar vrag trek nie.

Jashuah het gesê dat ons in die stad Jerusalem moet wag totdat ons met die krag uit die hoogte aangedoen is: En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte” (Luk 24: 49). Hier is nou ‘n situasie waaraan jy niks kan doen nie! Jy mag iemand wees wat vir alles ‘n plan en oplossing het, altyd beter weet, altyd die moue oprol en inspring en die werk doen, maar hier sal jy magteloos moet wag totdat jy aangedoen is met krag uit die hoogte. Hand 1: 4-8: “En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. 5Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie. 6Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig? 7En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; 8maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde”.

En hulle het gehoorsaam en gaan wag, soos wat Jashuah hulle beveel het! Maar was dié wat ná hulle gelowig geword het deur die eeue heen, so gewillig om te gaan wag? Ek dink nie so nie! Hulle het in sommige gevalle wel gehoorsaam, maar in meeste gevalle ‘n leerstelling gaan ontwerp wat hulle laat glo dat hulle reeds vervul is met die Heilige Gees, omdat die Gees eens en vir altyd op Pinksterdag uitgestort is. Is dit nie die prediking waarna die apostel Paulus verwys het nie?3want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, 4en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels” (2 Tim 4: 3-4). Dit is hier waar ons nou moet gaan seker maak of die leerstellings so korrek is, want die dag waarop dit getoets word het nou gekom.

Die vrou by die put (Joh 4: 4-19) moes besef, toe sy Jashuah ontmoet het, dat sy nie vir Hom kan water gee nie maar Hy eerder vir haar. Dieselfde ontdekking gaan ons nou maak want die water wat ons deur ons pogings voorsien les jou dors baie tydelik. Maar die water wat Jashuah vir jou gee is ewig. Trouens, Hy is die fontein van lewende water. Joh 4: 6-15: “En die fontein van Jakob was daar. Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, somaar by die fontein gaan sit. Dit was omtrent die sesde uur. 7Daar kom ’n vrou uit Samaría om water te skep. Jesus sê vir haar: Gee vir My water om te drink — 8want sy dissipels het na die stad gegaan om voedsel te koop. 9En die Samaritaanse vrou sê vir Hom: Hoe is dit dat U wat ’n Jood is, van my vra om te drink terwyl ek ’n Samaritaanse vrou is? Want die Jode hou geen gemeenskap met die Samaritane nie. 10Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het. 11Die vrou sê vir Hom: Here, U het nie eens ’n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende water? 12U is tog nie groter as ons vader Jakob nie, wat die put aan ons gegee het en self daaruit gedrink het, en sy seuns en sy vee? 13Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; 14maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe. 15Die vrou sê vir Hom: Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie”. Kry jy nie nou, terwyl jy bogenoemde Skrif lees, só dors na die lewende water dat jy Hom bid dat Hy jou die volheid van die Heilige Gees sal gee nie? Hy het dit belowe in Lukas 11: 13: “As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?”

As jy nou Joh 7: 37-39 lees:En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! 38Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. 39En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie”. Op daardie tydstip was Jashuah nog nie verheerlik nie, maar ná Sy opstanding en hemelvaart, toe Hy aan die regterhand van Sy Vader verhoog is het Hy die Heilige Gees uitgestort. Lees hieroor in Hand 2: 33: “Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor”. Die vervulling met die Heilige Gees stroom dus uit die verhoogde en verheerlikte status van Jashuah, uit Sy troon waar Hy aan die regterhand van Sy Vader sit. Hy deel Sy heerlikheid na Sy opstanding met ons wat nog hier op die aarde is. Hy het mos belowe dat Hy ons nie as wese sal agterlaat nie (Joh 14: 18). As jy nie met Sy Gees vervul is nie voel jy soos ‘n weeskind, verlate. Veral nou met die dinge wat op hierdie aarde, en veral hier in Suid Afrika, gebeur. Maar Hy het belowe dat Hy dit vir ons voordelig sal maak dat Hy weggaan. Ons sal dus, sonder Sy fisiese teenwoordigheid hier by ons, beter daaraan toe wees sonder Hom: “Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur” (Joh 16: 7-15). Die rede hiervoor lees ons in verse 13-15. Dit moet jy biddend lees en die Vader vertrou om dit lewend te maak in jou hart. Ek het reeds met jou gepraat oor die pantograaf in die begin van die gedeelte oor “Die laat reëns”. As die pantograaf se kontak met die oorhoofse kabels om een of ander rede verbreek word, moet dit weer opgestoot word tot dit weer kontak maak. Dit gebeur nie sommer automaties nie. Die drywer of sy assistent moet dit met behulp van ‘n stok opstoot. (Deesdae doen hulle dit met geperste lug). Maar hoe weet die drywer as die kontak verbreek word? Dis maklik: die lokomotief verloor sy krag en dit gaan staan! Hoe weet jy as jy jou kontak met die Heilige Gees verloor het? Dis maklik: Jy kom net agter dat jy geen krag het nie en jou geestelike lewe gaan staan. Die Heilige Gees, wat die krag en lewe van Christus af moet bring na jou toe, doen dit om een of ander rede nie meer nie. Miskien het jy die Heilige Gees bedroef (Efes 4: 30). Of miskien het jy Hom gesmaad soos Heb 10: 29 sê. Wat ook al die rede is, herstel daardie kontak dadelik. Dit is belangriker as enige ander belangrike ding!

Die laat reëns op die regte tyd

Soos God belowe het dat Hy hulle die vroeë reëns en die laat reëns sal gee op die regte tyd in Deut 11: 14, is daar ook ‘n regte tyd vir die laat reëns van die Gees. Nou sê Jahweh vir ons: “Bid die Here om reën in die tyd van die laat reëns”. Hy het dit belowe in Joel 2: 23 en dit is dit nou die tyd daarvoor. As jy nou Jer 3:3 en Jer 5: 24 lees sal jy sien dat hulle sondes die oorsaak was dat daar geen laat reëns was nie. Maar … hulle het nie in hul hart gesê nie: Laat ons tog die Here onse God vrees, wat reën gee, vroeë reëns en laat reëns op hulle tyd, wat vir ons die vasgestelde weke van die oes in stand hou”.

Net so het sonde al meer in die Christendom se geledere ingesluip en veroorsaak dat die reën opgehou het. Nou is die vraag of dit nou die tyd is om te bid vir die laat reëns? Ons kry dikwels die lewende Woord in Sag 10: 1. Die opskrif lees: “’n Heerlike toesegging aan Israel”. En dan vers een: “BID tot die Here om reën in die tyd van die laat reëns; die Here maak die weerligte, en Hy sal aan hulle ’n stortreën gee, plante op die veld aan iedereen”. Lees ook vers 2 wat sê dat die “… waarsêers sien leuens en verkondig nietige drome, hulle troos met wind. Daarom het hulle weggeswerwe soos ’n kudde; hulle verkeer in verdrukking, omdat daar geen herder is nie”.

Daar is waarlik die herders wat die dorstige skape troos met wind. Hulle verduidelik aan die gelowiges dat hulle moet glo dat hulle wel met die Heilige Gees vervul is. En dit is waar dat ons dit moet glo. Daar kom wel ‘n tyd dat God “elke werk van die geloof met krag volkome” sal maak. Lees 2 Thess 1: 11. Die vervulling met die Heilige Gees begin wel by geloof in die woord van Jashuah as Hy vir jou sê: “Ontvang die Heilige Gees” (Joh 20: 22). Maar as dié geloof nie deur die Heilge Gees gewerk word nie, sal dit bloot verstandelike geloof bly tot aan die einde van jou lewe. Die krag wat Jashuah belowe het sal jy nooit ervaar nie. Ook nie die vrug van die Gees nie. Dus sal jy moet seker maak of dié geloof waarmee jy glo dat jy wel met die Heilige Gees vervul is, deur die Gees van God gewerk word. Jy sal moet in die gebed op Hom wag om dit aan jou te openbaar.

Nou skryf ek vir jou ‘n belofte van ons Vader wat jy kan/moet lees in Hosea 6: 1-7. Die opstanding uit die “dood as gevolg van sonde” (Vers 1-2, 4, 7) lei tot ‘n begeerte om te jaag daarna om God te ken (Vers 3). En dan die wonderlike belofte: “Sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei” Wat sê jou Vader vir jou hierdeur? As jy dan nou besef en bely dat jy, soos Adam, die verbond wat God met jou as man gemaak het om te heers oor Sy skepping, verbreek het deur slaaf te word van mense (1 Kor 7: 23; 2 Pet 2: 19), en jy begin daarna jaag om Hom te ken, sal Hy verseker na jou kom deur die “laat reëns”. Hy sal dus Sy Gees in jou hart uitstort!


62. Nie ‘n verkeerde verwagting hê nie.

Daarby sal jy ook nie ‘n verkeerde verwagting mag hê nie. Moenie ‘n spesifieke ervaring of gebeurtenis verwag nie. Verwag Hom—Jashuah! Hy sê: “Daarom verwag My” (Sef 3: 8). Die Gees waarop jy wag om mee vervul te word is die Gees van Christus: En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!” (Gal 4: 6). As jy dus nie ‘n ernstige begeerte het daarna dat die Seun van God in jou moet kom lewe nie moenie bid vir die Laat Reëns nie. As Hy in jou kom lewe sal Hy jou hele sosiale lewe kom verander. Hy sal jou lewe word! Hy sal in jou kom woon tesame met Sy Vader, soos Hy belowe het in Joh 14: 23. Op die oomblik staan Hy dalk nog buite by die deur van jou hart en Hy klop.Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My” (Open 3: 20) Maar as Hy inkom sal Hy die Hoof van jou huis word en daarom sal jy nie meer kan lewe in die vlees soos voorheen nie. Jou liggaam sal nou ‘n tempel van God wees waar die Heilige Gees in woon. 1 Kor 6: 19-20 : “Of weet julle nie dat julle liggaam ’n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? 20Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort”. Daar is nou ‘n ander huiseienaar en Hy het duur betaal vir die huis. Hy het met Sy bloed betaal. Hy gooi nou jou meubels uit (Lees Neh 13: 8) en bring Sy heilige voorwerpe daarin. Alles gaan nou verander wanneer jy deur die Gees wedergebore word (Joh 3: 3-5) tot ‘n nuwe skepsel. Alles gaan nou nuut word (2 Kor 5: 17). Baie van jou vriende gaan nie daarvan hou nie en hulle sal jou nie meer wil ken nie (1 Joh 3: 1) omdat jy nou “vreemd” vir hulle gaan wees (1 Pet 4:4). Is jy bereid dat ‘n ander gees Sy intrek in jou gaan neem—dit is die Heilige Gees van God? Is dit aanvaarbaar vir jou dat Hy nou gaan dikteer en nie meer jy nie? En beslis ook nie meer jou vrou/ man nie maar die Gees van Christus.

Hy sê dat dit is dieselfde Gees wat jou in Christus se liggaam indoop:Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge” (1 Kor 12: 13). Die Gees maak ons almal deel van Christus se liggaam:Want ons is lede van Sy liggaam, van Sy vlees en van Sy bene” (Efes 5: 30). Ook: Rom 12: 4-5 “Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar”. Lees ook Kol 1: 18 en 24.

Sien jy kans daarvoor dat jy nou deel gaan word van ‘n ander familie bestaande uit mense wat wedergebore is? Hulle sal beslis nie daar wees omdat hulle aan die “Elite” behoort nie, maar omdat hulle “Ja” gesê het vir Jashua. Daar sal Elite ook wees maar nou sal hulle nie meer trots en hoogmoedig wees nie. Hulle sal ook nie meer omgee om met die armes te meng nie.

As jy dus nie kans sien vir so ‘n gemeenskaps-lewe nie, moenie bid vir die vervulling met die Heilige Gees nie. Die Heilige Gees het ten doel om jou deel te maak van die liggaam van Christus waar jy tesame met ander gelowiges ‘n funksie of bediening in Sy liggaam sal hê—elkeen met sy afsonderlike bediening. Lees Efes 4: 15-16: maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, 16uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde”. Sien jy kans hiervoor? Of wil jy maar liewer op jou eie, sonder ander medegelowiges, Jahweh dien? Ek wil net byvoeg dat, indien jy jou eie lewe in Christus wil lewe, sonder ander medegelowiges, sal jy gou agterkom dat jy nie op jou eie die volle liggaam kan wees nie. Christus is die Hoof van die liggaam (Kol 2: 19; Efes 1: 22-23; Efes 4: 15-16). Ons is die ledemate met elkeen ‘n funksie wat onontbeerlik is vir mekaar. Net soos die menslike liggaam elke ledemaat nodig het, so ook Christus se liggaam. Sien die voete kans daarvoor om sonder die oog te loop? Nou moet jy eers 1Kor 12: 12-31 lees. Jy kan nie verder voortgaan met lees in hierdie geskrif nie, nie voordat jy 1 Kor 12-31 gelees het nie! As jy klaar gelees het kan ons nou voortgaan.

Die doel waarvoor Christus die Heilige Gees uitgestort het

As jy bid vir die Laat Reëns sal jou doel dieselfde moet wees as Christus s’n. Sy doel waarvoor Hy die Heilige Gees uitgestort het was om die dissipels met krag uit die hoogte aan te doen (Luk 24: 48-49) sodat ons Sy getuies kan wees (Hand 1: 8). Om Sy getuies te wees van wat? Getuies dat Hy opgestaan het uit die dode (Luk 24: 46-49). Dit beteken dat jy die hele week—nie slegs Sondae nie—’n lopende bewys is dat Jashuah uit die dood opgestaan het. Hoe sal die wêreld weet dat Jashuah uit die dood opgestaan het? Hulle sal dit weet as hulle Hom in ons as Sy liggaam sien lewe. En dan sal hulle glo! Sommige Grieke het na Jashuah se dissipels gekom en gevra of hulle Jashuah kan sien. Lees Joh 12: 20-26. Hulle het sekerlik baie van Jashuah gehoor, maar nou wou hulle Hom sien. Die wêreld van vandag het baie van Jesus (Jashuah) gehoor maar wil Hom nou sien, want “sien is glo” redeneer die wêreld. Ons het Hom geglo sonder dat ons Hom gesien het (Joh 20: 29; 1 Pet 1: 8). Tog is daar diegene wat Hom wil sien voordat hulle glo, soos Thomas (Joh 20: 25-29). Waar gaan hulle Hom te siene kry? In jou en my as deel van Sy liggaam (1 Kor 12: 12- 27; Efes 5: 30).

Dan praat Jashuah ook met Sy dissipels in Joh 14: 16-20:En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ’n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: 17die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. 18Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. 19Nog ’n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe. 20In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle”. Kan ons Jashuah nie sien nie en Hom tog sien? Dit lyk na ‘n paradoks. As Heb 12: 1-2 sê: “…die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het”. Ook sê Joh 6: 40:En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag”.

Sy doel is ook om die wêreld te laat weet dat God Sy Seun as die Verlosser in die wêreld ingestuur het wanneer hulle ons eenheid en liefde vir mekaar aanskou. Joh 17: 21: “dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het”. Wanneer Sy Gees die eienskappe en karaktertrekke van Jashuah aan ons oordra, sal die wêreld dit weet. Onthou jy nog Joh 16: 14-15. Jy onthou seker dat die woord “verkondig” in hierdie gedeelte beteken om dit wat aan Christus behoort, aan jou oor te dra soos die pantograaf van ‘n trein, as ‘n geleier, die kragstroom aan die motors oordra. Is jy gereed vir ‘n lewe waarin Christus deur jou lewe en alles kom verander. As jy nou Handelinge van die begin af lees sal jy slegs 10 hoofstukke verder besef dat daardie mense se lewens was van Pinksterdag af nooit meer dieselfde nie. Dit was voorwaar heerlikheid maar het ook baie opofferings geverg. Kyk hoe was Paulus se lewe (2 Kor 11: 23-33). Jy sal sê: “Maar ek is nie Paulus nie”. Dis waar, maar as jy dieselfde vervulling met die Gees ontvang as hy, sal jou lewe beslis ook omgekeer word—180 grade! Is jy bereid? Of wil jy sê “Jahweh, vervul my met U Gees maar laat my met rus asseblief sodat ek my lewe kan lewe”?

Om hierdie paragrawe oor “wat jy moet verwag wanneer die Heilige Gees jou gaan vervul” af te sluit wil ek sê: Verwag die Persoon Jashuah om in jou lewe in te stap en jou ou lewe te vervang met Sy nuwe lewe. Dit sal ‘n rewolusie veroorsaak maar sal ook groot heerlikheid meebring. En die enigste wat hiertoe kan toestemming gee is jy! Jashuah het gesê: “Daarom het die Vader My lief, omdat Ek my lewe aflê om dit weer te neem. 18Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het mag om dit af te lê en Ek het mag om dit weer te neem” (Joh 10: 17-18). As jy jou ou lewe liefhet sal jy dit buitendien verloor, maar as jy om Christus wil dit wil verloor, sal jy die nuwe lewe ontvang (Matt 16: 25). Dié lewe ontvang jy deurdat Jashuah Sy Gees in jou uitstort.

Jy moet nou mooi die koste bereken soos wat Luk 14: 25-33 ook sê. Peins deeglik hieroor. Is jy bereid vir die nuwe lewe wat die “Laat reëns” in jou gaan uitstort ? Lees weer Luk 14: 33. As jy dan die saak uitgemaak het met God, en jy is bereid daarvoor, dan begin jy bid vir die “Laat reëns”. As ek sê dat jy die koste moet bereken wil ek jou nie afskrik nie! Nee, daar is vir jou groot heerlikheid voor. Maar dit sal jou beslis ‘n offer kos—die offer van jouself. Jy sal moet sterwe. Of liewer: jy sal moet glo dat jy reeds saam met Christus gesterwe het, en ook saam met Hom begrawe is. Die Heilige Gees wil jou so lank al dit laat glo.


63. Die regverdige deur sy geloof sal hy lewe.

Hierdie verklaring deur God kom duidelik in die Skrif voor (Rom 1: 17; Hab 2: 4). Want sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag (Heb 11: 6). Maar hoe gaan ons die geloof kry? Onthou jy nog hoe Christus belowe het dat dit vir ons voordelig is dat Hy weggaan want dan sal Hy die heilige Gees vir ons stuur? Ook het hy belowe dat die Gees dit sal neem uit wat aan Hom behoort en aan ons oordra (Joh 16: 13-15). Onthou jy nog dat ons gesê het dat die Heilige Gees reeds uitgestort is, maar dat ons dit moet glo—nie met ‘n verstandelike geloof nie maar met die geloof wat die Gees in ons werk. Dit is die geloof wat spontaan deur ons liefdesverhouding met God werk (Gal 5: 6). En hiervoor moet jy ernstig bid.

Julle sal nie wind of reën sien nie (2 Kon 3: 17)

In bostaande Skrifgedeelte lê die wonderwerk daarin dat die normale sigbare tekens van reën nie hier te bespeur was nie. En tog het die dal vol water geword. Vanmôre vroeg het die reën sag maar deurdringend by ons uitgesak. Dit is tipies van die “laat reëns” in teenstelling met die vroeë reëns. Die vroeë reëns gaan gewoonlik gepaard met woeste wind, weerlig en storms. Dit was so op Pinksterdag (Hand 2). Maar die laat reëns sak stil en geruisloos uit, soos vanmôre. Is dit nie die rede waarom die Vader ons nou in dié laaste tye die woord oor die “stilles in die land” (Ps 35: 20) gegee het nie?

Vir ons is dit ‘n voorreg om deel te wees van die “Stilles in die land”. Om in hierdie laaste dekades, ook maar soos elke kerk en geloof, oral te preek het geen sin meer in nie. In die tye van Handelinge was daar slegs een gemeente in elke dorp of streek. Toe het hulle oral gepreek en almal het geweet dat dit die Christene is. (Die mense het hulle Christene genoem. Hand 11: 26). Na die dood van die Apostels het meningsverskille gou ‘n groot aantal verskillende gelowe tot stand laat kom. Die een het die ander beskuldig dat hulle sektes is—en selfs kultisse. In ons eie land was daar jare gelede alreeds ‘n paar duisend geloofsgebaseerde denominasies—elkeen maak daarop aanspraak dat hy die Bybel reg interpreteer. Maar intussen gaan dit by God nie soseer oor die korrektheid van interpretasies nie maar oor “Christus wat ons lewe is” (Kol 3: 4). Iemand het gesê dat as jy in ‘n motorhuis gaan sit maak dit nie van jou ‘n motorkar nie. So sal jy ook nie kan aanspraak maak daarop dat jy ‘n dissipel van Jashuah is as jy in ‘n kerk gaan sit of selfs ‘n lidmaat van daardie kerk word nie. Die lewe van Christus in jou kan dit alleen doen. En as jy die lewe het, het jy nie nodig om dit te verduidelik nie. In my lewe is ek al telkens sleg verkul deur mense wat sterk getuig het van hoe goeie Christene en wedergeborenes hulle is. Was dit Shakespeare wat gesê het, “Thou explaineth too much”? As iemand so baie verduidelik dan wonder die wêreld maar. As jy egter stil-stil net die lewe van Christus deur jou laat vloei dan spreek dade meer as woorde.

Iemand het gesê “God silences man”. Ja, waarlik, hoe langer jy saam met Jashuah loop hoe stiller word jy. Ek sien uit na die dag waarop die “Stilles in die land” ten volle gaan funksioneer: Sonder enige denominasie, kerk of georganiseerde godsdienstige groep. Slegs mense wat vervul is met die Heilige Gees, vol liefde vir mekaar asook vir die sondaars, vol van die vrede van God, geloof wat deur die liefde werk, geregtigheid wat Christus in hulle werk en, ja, die volle vrug van die Gees. ‘n Vyeboom wat moet verduidelik waarom hy ‘n vyeboom is en nie ‘n wingerstok nie, laat mens wonder of dit nie dalk “plastiek vye” is aan ‘n doringbos nie. Enige mens wat in die grootste duisternis sit kan ‘n klein liggie op ‘n afstand waarneem. So kan hulle ook die lewe van Christus ruik by ‘n opregte gelowige sonder dat dié moet verduidelik. Lees nou eers weer 2 Kor 2: 15-17; 3: 1. Dan sal jy ook agterkom dat God met jou spreek in die stilte eerder as in die storm. Lees 1 Kon 19: 8-13.

Die “Stilles in die land” sal nie nodig hê om te verduidelik wat hulle glo nie. Hulle sal ook nie aan godsdienstige twiste, redenasies oor die waarheid en meningsverskille oor die interpretasie van die Bybel deelneem nie. Is dit nie die “iets nuuts” waarna die Skrif verwys nie? Lees Jes 43: 19. Open 21: 5. Stil-stil sal die “Laat Reëns” net uitsak en die aarde benat en die saad wat vir soveel jare al deur evangeliste en leraars gesaai was, benat (Jes 30: 23). Die saad van die Woord (Mark 4: 14) sal dan ontkiem en vrug dra, sonder groot organisasies en gedoentes: “Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur My Gees spreek die Here van die leërskare” (Sag 4: 6).


64. As jy najaag om Hom te ken.

 

Volgens God se belofte in Hosea 6: 1- 3 sal die koms van die “laat reëns” voorafgegaan word deur gelowiges wat sal “najaag om Hom te ken”. Lees dit weer. Ken jy Jahweh? Ken jy die Vader? Jy sal dalk “Ja” hierop antwoord. Dalk sal jy jou vir my vererg as ek ‘n vraagteken plaas agter jou “Ja”-antwoord. Hoe kan ek dit betwyfel dat jy Jashuah ken? Jy sal sê dat dit tog deel is van die “nuwe verbond” wat Hy met ons kom maak het deur die bloed van Sy Seun (Matt 26: 28). Volgens die verbond sal almal Hom ken: Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees. 11En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle” (Heb 8: 10-11). Dit is so. Maar tog is daar verskillende grade van “ken”. Alhoewel Paulus seker Jashuah geken het was daar tog ‘n hoër vlak—‘n meer intieme “ken” van Jashuah waarna hy gejaag het asof hy dit kon gryp. Hy was gewillig om alles op te offer hiervoor. Ek haal aan uit Fil 3: 7-13: “Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. 8Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry 9en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; 10sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, 11of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik. 12Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is. 13Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie”. Jy het dalk al groot offers gebring ter wille van jou passie vir sport of ander dinge waarvoor jy lief is. Dalk het jy sulke opofferings gemaak ter wille van iemand wat jy liefhet. Miskien is die persoon wat jy liefhet jouself. Jy is dus ‘n narcis. Maar het jy al alles prysgegee en as drek beskou om Christus as wins te verkry…sodat jy Hom kan ken in die krag van Sy opstanding?

Jy onthou seker nog dat “om Hom te ken” ook beteken “om Hom te ervaar” en om gedurig bewus te wees van Hom. Hy vul jou hele wese, jou gedagtes, siel en gees (hart). As jy Hom nie só ken nie, dan is die gevaar daar dat jy slegs van Hom gehoor het maar nog nooit gesien of ontmoet het nie. Om Hom te ken spruit uit jou eerste ontmoeting met Hom—met Jashuah. Hy onthou nog daardie tyd! Hy sê in Jer 2: 2: Gaan en roep uit voor die ore van Jerusalem en sê: So spreek die Here: Ek onthou die geneentheid van jou jeug, die liefde van jou bruidstyd, toe jy agter My aan geloop het in die woestyn, in ’n onbesaaide land”. As ons maar kon weet hoe groot die liefde van God die Vader en Sy Seun Jashuah vir ons was, en nog steeds is. As ons maar kon weet hoe Hy terug verlang na daardie “bruidstyd” toe ons agter Hom aan geloop het in die woestyn. Lees verder verse 3-13 en let op dat die “goeie tye” wat God in Sy liefde vir hulle geskenk het, hulle gladnie geestelik goed gedoen het nie. Hulle het Jahweh—hulle heerlikheid, verruil. Vir wat het hulle Hom verruil? Hulle het Hom verruil vir wat geen voordeel bring nie (vers 11).Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen: My, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie” (Vers 13).

As jy vandag kan gaan sit voor jou God en in Sy teenwoordigheid jouself die vraag vra: “Waar kry ek water om te drink? Drink ek gifwater en probeer só my dors les? Het ek die fontein van lewende water, Jashuah (Joh 4: 10-15; 10: 37-38), verlaat om my eie drinkplek te maak—‘n reënbak wat die water vir my moes opvang, maar toe gebars het en vir my geen water kon hou nie! Dus geen voordeel gebring het vir my nie—miskien finansiële voordeel vir ‘n tyd. Of ‘n bietjie aansien en populariteit vir ‘n kort tydjie totdat die gebarste reënbak leeg gelek het. In die tyd toe hierdie volk aan die Suidpunt van Afrika die geleentheid gekry het om te stem: “Ja” of “Nee” vir ‘n sogenaamde “Nuwe Suid Afrika” het God vir my gesê dat dit waarvoor 66% van die volk gestem het, “nie gaan water hou nie”. Ken jy die uitdrukking of gesegde “Jou argument hou geen water nie”?

In daardie jare (1992) was daar baie beloftes deur die wêreld dat ‘n nuwe dag sou aanbreek indien die Suid Afrikaners “Ja” sou stem vir ‘n “Nuwe Suid Afrika”—geregeer deur ‘n Demokratiese regering. Ek wil weer sê dat ‘n Demokrasie wonderlik sou wees as almal wat kon stem in ‘n verkiesing, kinders van God sou wees. Hulle sou dan met die liefde vir God en in Sy wysheid en geregtigheid gestem het. Maar dit was nie die dryfveer agter die “Ja”-stem nie. Die Internasionale wêreld het belowe dat ons betrekkinge met hulle sou normaliseer indien die “Ja”stem sou wen. Sport deelname en beleggings in Suid Afrika was hoog op die lys van aansporing om “Ja” te stem. In Maart 1992 het 66% van die blankes “Ja” gestem.

Het daardie besluit by daardie referendum “Water gehou”? Was dit nie ook maar ‘n “Gebarste reënbak wat geen water hou nie”? Was die regering wat uit daardie referendum tot stand gekom het soos die Skrif in Jes 32: 1? : “Kyk, ‘n koning sal regeer in geregtigheid, en die vorste sal heers volgens reg”. (En nou sal jy self verder moet lees tot by vers 8 en dan vir jouself besluit, as jy na die regering in Suid Afrika kyk, of hulle voldoen aan daardie vereistes?) Toe ek later vir my Vader gevra het wie in opstand gaan kom teen hierdie regering was Sy antwoord aan my: “In meeste gevalle dié wat daarvoor gestem het, of hulle kinders wat op daardie stadium nog nie stemreg gehad het nie”. Moenie jou ouers gaan vra of hulle “Ja”gestem het nie. “Hulle wat daarvoor gestem het is lankal dood” sê ons met ‘n bietjie humor wetende dat hulle te trots is om dit te erken. En laat ons dan eerlik wees: Is daar enige ander regering wat aan daardie vereistes voldoen in die hele wêreld? Sekerlik nie. Nou wat is ons oplossing? Oorlog?

Ons het seker nou reeds almal aanvaar dat die 1992 besluit was ‘n selfsugtige en vleeslike besluit, maar deur God toegelaat. Of moet ons liewer sê: Deur God bepaal? Hy stel konings en regerings aan of sit hulle af (Job 12: 13-25). Jer 27: 4-6: So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Julle moet vir julle konings sê: 5Deur my groot krag en met my magtige dade het Ek die aarde, die mense en die diere wat op die aarde is, gemaak en Ek gee dit aan wie Ek wil. 6Ek gee al hierdie lande nou in die mag van my dienaar koning Nebukadnesar van Babel”. Dan 4: 32: “…totdat jy erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil”. Ons is dus nie verbitterd teenoor diegene (66%) wat “Ja”gestem het nie want hierdie onheil het van die Here gekom. “Dan sal hulle sê: Omdat hulle die Here hul God verlaat het wat hulle vaders uit Egipteland uitgelei het, en ander gode aangehang en daarvoor neergebuig en hulle gedien het—daarom het die Here al hierdie onheil oor hulle gebring” (1Kon 9: 9).


65. Wat staan ons nou te doen?

Ons moet nou by God hoor wat Hý wil hê van Sy kinders hier in Suid Afrika, nie wat ons wil hê nie. As ons elke burger van hierdie land vra wat hy/sy begeerte is sal ons moontlik ‘n verskeidenheid hê wat strek van die mees regse- tot die mees linkse, van die mees liberale tot die mees konservatiewe, van die mees godsdienstige tot die mees goddelose. Hoe gaan jy en ek, wat hierdie woord lees, weet wat die wil van ons Vader in die hemel is? Om Sy wil te ken is daar duidelike vereistes in die Skrif: Rom 12: 1-2: EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer—dit is julle redelike godsdiens. 2En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is”.

Jashuah het die wil van Sy Vader geken en ook gedoen want Hy wou dit doen. Die Vader openbaar nie Sy wil aan mense wat Hy weet dat hulle Sy wil nie wil doen nie. “Julle wil nie na My toe kom nie” (Joh 5: 40). God wil vir Homself ‘n volk uit die heidene vir Sy Naam aanneem (Hand 15: 14). En Hy het daarna “uitgesien” (Vers 14). Maar ons wil en God se wil was direk teenoorgesteld met mekaar! En alhoewel Hy dit vir ons gesê het, het ons as ‘n volk verkies om ons wil te doen. Was dit nie maar die rede waarom Hy Israel van ouds van Sy aangesig weggewerp het nie? Ek het gevra: “Wat staan ons nou te doen ?” Elke keer as die Heilige Gees my oortuig van iets wat ek verkeerd gedoen het in my Vader se oë, val ek op my knieë en bely dit met berou. Dit is dan wat hierdie hele volk sal moet doen: met diepe berou voor Jahweh beleidenis doen van hulle groot sonde naamlik ongeloof in Hom en Sy Woord (Joh 16: 8-9).

Maar wat sal so ‘n berou en beleidenis bewerkstellig? Die herlewings uit ons geskiedenis was altyd voorafgegaan deur gebed, verootmoediging en beleidenis van hulle oortredinge. Nie sommer bietjie biduur hou nie maar ‘n man/vrou wat voor God se aangesig kan gaan staan soos Eseg 22: 30-31 dit duidelik sê: En Ek het onder hulle ’n man gesoek wat ’n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land, sodat Ek dit nie sou verwoes nie; maar Ek het niemand gevind nie 31Daarom het Ek my toorn oor hulle uitgegiet; deur die vuur van my grimmigheid het Ek hulle verteer; hulle wandel het Ek op hulle hoof laat neerkom, spreek die Here Here”.

Wat is daar nog wat ons nou te doen staan op hierdie tydstip in Suid Afrika? Hoor wat sê die profeet in Habakuk 3. In vers 12 sê hy dat God die aarde in grimmigheid betreë, en in toorn dors Hy die nasies. Maar in vers 13 sê Hy wat Sy doel is:U trek uit tot redding van u volk, tot redding van u Gesalfde. U verbrysel die kop van die huis van die goddelose en ontbloot die fondament tot by die nek. Sela. Jy weet dat “Sela” beteken: “Stop en oordink dit”? Doen dit dan nou: Stop eers hier en oordink dit dat God die aarde nou tref en met die goddelose deel maar nie met ons nie. Hy louter ons wel maar Sy doel is nie om ons uit te roei nie. Lees dan verder vanaf vers 14: “U deurboor met sy eie pyle die hoof van sy leiers wat storm om my te verstrooi; wie se gejuig is asof hulle die ellendige in die skuilhoek wil verslind. 15U betree die see met u perde, ’n hoop magtige waters”. En dan gee Hy ons hier in Suid Afrika goeie raad: “16Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons ’n aanval maak. 17Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie —18nogtans sal ek jubel in die Here, ek sal juig in die God van my heil. 19Die Here Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente”. Bid jou Vader ernstig en dringend dat Hy jou mond en jou hart vervul met lofliedere. Dat jy Hom gedurig ‘n lofoffer bring soos Heb 13: 15 ook sê: Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ’n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely”.

Eis van My en Ek wil…

Ek wil vertel van die besluit: Die Here het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer. 8Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting” (Ps 2: 7-8). Dit is ‘n woord wat Jashuah se Vader met betrekking tot Hom gegee het. Maar dit is ook ‘n lewende Woord aan ons in Christus. Jashuah het dit bevestig in Joh 16: 23 En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. 24Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees”. Onthou jy eis nie van God nie maar by God. Jou eis is teen die vyand! Dit is die vlees, ongeloof en teen die duiwelse magte. Is jy bereid om deur God se Gees só geïnspireer te word dat hierdie volk se geestelike toestand jou só aangryp en in ‘n barensnood voor God sal bring soos Gal 4: 19 sê “my kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdat Christus in julle ’n gestalte verkry”.

In ‘n oorlog word die beste, die slimste en sterkste manne gesoek om die vernuftigste dinge te doen om die oorlog te wen. Die beste wapens, en hulle wat dit moet aanwend, word daar benodig. In hierdie geestelike oorlog (2 Kor 10: 4) is dit nie anders nie, alhoewel ons nie mense soek wat wys is na die vlees nie, ook nie baie magtiges of sterkes na die vlees nie (1 Kor 1: 26; Ps 147:10 ). Maar ons benodig manne soos dié waarna Jer 9: 23-24 verwys: So sê die Here: Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie 24maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die Here is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in dié dinge het Ek ’n behae, spreek die Here”. Ons soek manne van gebed, manne wat voor God kan staan met hulle hele hart op Hom gerig: 2 Kron 16: 9 “want die Here—sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees”.

Sê die Skrif nie in Jak 5: 16 “Die vurige gebed van die regverdige het groot krag” nie? Ook in Luk 18: 1-8. Vers 7: “Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval”?

Ons benodig bidders—die beste bidders! Aanroepers van Sy Naam soos Samuel: “…en Samuel onder die aanroepers van Sy Naam. Hulle het die Here aangeroep en Hy het hulle verhoor” (Ps 99: 6). Ons benodig manne en vroue wat gees siel en liggaam geheilig is ten einde geheel en al tot God se beskikking te wees om voor Sy aangesig te kan staan en vir die heiliges te kan intree. Dit is waarvoor Jashuah sit aan die regterhand van God as ons Middelaar en die Een wat vir die heiliges intree as Advokaat. Hy wag dat ons as die voorbidders of eisers in God se geregshof, die saak van die heiliges sal voorbring. Lees Spreuke 31: 8:Maak jou mond oop vir die stomme, vir die regsaak van almal wat wegkwyn”. Job13: 18 Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat ék reg sal hê”. Job 23: 4:Dan sou ek die regsaak voor Sy aangesig uiteensit en my mond met bewyse vul” Job 29: 16: “’n Vader was ek vir die behoeftiges; en die regsaak van hom wat ek nie geken het nie, het ek ondersoek”. En as jy die regsaak voor Hom gebring het wag jy dan op Jashuah om voor die aangesig van God te pleit vir die redding van die oorblyfsel wanneer Hy Sy bloed vir die Vader wys. Moenie nou wonder vir wie jy gaan bid nie en hoe jy gaan bid nie. Die Heilige Gees sal jou lei. Meld net aan. As jy jouself as ‘n soldaat of krygsman aanmeld weet jy nog nie wat jou werk is wat jy moet doen nie. Jy meld aan met die bereidheid om te doen wat jou Opperbevelhebber jou wil laat doen. Om ‘n krygsman te wees sal jy moet geleer word hoe om te veg. Maar koning Dawid het gesê dat Jahweh hom leer hoe om te veg en hoe om ‘n koperboog te span. Ps 18: 35: Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms ’n koperboog span”.

Dit gaan ook beslis ‘n prys kos en daar is baie offers wat jy sal moet bring teneinde ‘n krygsman van Jashuah te wees: 2 Tim 2: 3-5 Ly dan verdrukking soos ’n goeie krygsman van Jesus Christus. 4Niemand wat ’n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir die diens gewerf het”. Maar die beloning daarná sal al die offers die moeite werd maak. Jashuah self gaan ons beloon (Open 22: 12). Jy sal nie by God loon ontvang vir dit wat jy in hierdie wêreld se stelsels bereik het nie, maar alleenlik vir dit wat jy in God se koninkryk gedoen het (Matt 16: 26). Vir dit wat jy in die wêreld doen, beloon die wêreld jou—so sê hulle!

Daarom moet jy self, persoonlik, die volle wapenrusting van God aantrek. Moenie vergeet dat ons oorlog nie teen vlees en bloed is nie maar teen bose magte. Lees weer 2 Kor 10: 4-6; Efes 6: 10-20. Maar lees dit in die Gees! En let op in Efes 6: 18-19 dat Hy sê: “…terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges. en vir my, sodat ’n woord my gegee mag word, as ek my mond oopmaak, om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak”. Let op dat Paulus nie in staat is om die evangelie aan die heidene te bring sonder die gebed van die heiliges nie. Baie Christene besef dat die redding van die volk van die heiliges (Dan 2: 44; Hand 15: 14) nou moet plaasvind. Maar ook dat “die volheid van die heidene” eers moet ingaan (Rom 11: 25) voordat Sy heerlikheid geopenbaar kan word in hierdie wêreld deur Jashuah Messiah. Tog is dit asof hulle verblind en verlam is! Paulus sê in 2 Kor 4: 3-4 : “Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, 4naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie”. Is jou sinne dalk verblind deur die god van hierdie wêreld ?—dit is die duiwel. Hy is “die owerste en god van hierdie wêreld” (Joh 14: 30; 16: 11). Paulus vra: “Wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie?”. Dalk het jy ‘n groter verlossing uit die mag van die bose nodig as wat jy dink! Die woord “betower” beteken dat iemand jou getoor het. (Engels: bewitched). Dit is ‘n aanduiding dat die bose ‘n invloed op jou gehad het sodat jy God nie gehoorsaam het nie, en ook nie ten volle geglo het nie.

Jy het die Heilige Gees nodig. Jy het die Fontein van Lewende Water nodig. Dit alles kom deur die “Laat reëns”. As jy nou daarvoor begin bid sal jy daarby baat en nie jy alleen nie maar ook elke opregte. Maar jy sal nie lus voel om te bid vir die laat reëns solank jy nie Jashuah ontmoet het nie. As jy Hom eers ontmoet het sal jy so begeester wees met Hom, dat niks jou sal keer om te begin bid nie! Jy sal net meer en meer van hierdie wonderlike, liefdevolle, genadige Verlosser wil ken en ervaar. Jy sal net bid: “Vader, vervul my meer en meer met U Heilige Gees, deurdrenk my met die Persoon van U Seun en met Sy Gees”.

As jy slaag daarin om jou Verlosser en Sy Vader so ernstig te soek, sal jy Hom ook vind. Sy woord sê: “Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. 8Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word” (Matt 7: 7-8). En dit is onmoontlik vir Hom om te lieg. Heb 6: 15-20: En so het hy die belofte verkry nadat hy geduldig gewag het.16Want mense sweer by een wat meer is, en die eed van bevestiging is vir hulle die einde van alle teëspraak. 17Daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aan die erfgename van die belofte die onveranderlikheid van sy raad wou toon, dit met ’n eed gewaarborg; 18sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorlê; 19en ons het dit as ’n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel”. As jy God nie só glo nie, is jou siel ankerloos en elke storm wat jy op jou reis teëkom gaan jou rondslinger en jou geestelik laat strand.

Ten laaste wil ek sê dat jy nooit die indruk moet kry in dit wat ek aan jou skrywe, dat die hoeveelheid tyd wat jy in gebed deurbring, jou geestelike groei sal bepaal nie! Nee, dis die kwaliteit van jou gebed, en nie die kwantiteit nie wat tel. Daardie ononderbroke wandel met jou Vader en jou Verlosser deur elke dag, dis wat tel! Dit is waar die “Stilles in die land” se geheim van ‘n stil oorwinningslewe lê! AMEN!


66. Elf is die getal op pad na “12”.

LW: Daar gaan verskillende sake wees wat voortspruit uit hierdie Hoofstuk 11 waarvoor jy asb moet bid. Maak dus ‘n aantekening daarvan in jou Dagboek sodat jy daaroor kan bid so dikwels as die Gees jou lei.

Wanneer jy in die Bybel die getal “11” raakloop sal jy merk dat dit spreek van die pad wat God met Sy kinders loop op pad na die volmaaktheid, naamlik “12”. Dit is ‘n studie op sy eie en ek mag dalk later, indien die Gees my so sou lei, daarby uitkom en dit dan met jou deel. Een ding is seker naamlik: ons mag nie by die “Elfde hoofstuk” stop nie, want dit sal ‘n onvolmaakte reis wees soos wat die geval sou wees as die Israeliete by Kades-Barnea, na elf dae se reis vanaf Egipte, sou stilstaan (Deut 1: 2). Twaalf dae se reis sou hulle tot in die hart van die Beloofde Land gebring het, maar elf dae sou hulle net tot digby die grens—maar nie binne-in die land Kanaan—gebring het nie. Maar, helaas, as gevolg van hulle ongehoorsaamheid en opstandigheid teen God, het hulle die kort reis na die Beloofde Land verbeur (Num 32: 8-13) om eindelik 40 jaar in die woestyn rond te dwaal totdat die hele geslag van daardie tyd—met die uitsondering van Joshua en Kaleb (Num 14: 6, 24)—omgekom het. Almal onder 20 jaar kon die Beloofde Land intrek.

Om nou oor die geestelike betekenis van die getal 11 te skryf is nie die bedoeling wat die Gees met jou het by die lees van hierdie hoofstuk nie. Ons staan dus nog steeds stil by die onvolmaaktheid van die vlees en hoedat God in Sy groot liefde daarmee deel deur die bloed van die Kruis: Sy sterwe, begrafnis en opstanding, wat alles deur die vervulling met die Heilige Gees ons deel word. En omdat ons nou meer as ooit vantevore besef dat die Heilige Gees alleen dit in ons kan uitstort, bid ons met oorgawe vir die “Laat Reëns”. Ek wil dit weer beklemtoon dat ons nie ‘n “Tweede Pinksterdag” verwag nie, want die Gees is eenmaal uitgestort 2000 jaar gelede. Dit is soos ‘n waterval wat al die tyd nog stroom, waarvan ons weg beweeg het, maar nou weer daaronder moet inbeweeg, nadat ons vir jare die voorreg nie benut het nie. Ook is dit soos die “Fontein van Lewende water” waarvan die heiliges eeue gelede gedrink het, maar toe vir hulleself waterbakke gaan uitkap het—Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen: My, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie” (Jer 2: 13).

Ons het ander drinkplekke gevind. Ander dinge wat nie die “Water van die Lewe” is nie, het ons gesoek en gevind! Dit was nie moeilik na die Sondeval om plaasvervangers vir die “Boom van die lewe” te vind nie. Alhoewel ons toe van “Die boom van die lewe” afgesny was, was “Die Boom van die kennis van goed en kwaad” nog altyd daar tot ons beskikking. En dit was “Gifwater” wat ons toe gedrink het. Lees Jer 8: 14: “ want die Here onse God laat ons omkom, en Hy laat ons gifwater drink, omdat ons teen die Here gesondig het”. Onthou jy nog dat ons gelees het in Eseg 31: 16 dat die bose vorste, waarvan ons hier lees as “bome in die tuin van Eden”, “almal waterdrinkers” is. Hulle soek waterdrinkplek. Lees Luk 11: 24: Wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus; en as hy dit nie vind nie, sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. 25En hy kom en vind dit uitgevee en versierd. 26Dan gaan hy en neem sewe ander geeste, slegter as hy self, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste”. Die onreine geeste vind dus waterdrinkplek by sekere mense asook sekere situasies. Dit is wanneer ander here oor jou heers (Jes 26: 13)—nie Jahweh nie— maar, byvoorbeeld mense. Dit is waarom Paulus sê: “Julle is duur gekoop; moenie slawe van mense word nie” (1 Kor 7: 23). Die groot vors van Egipte en al die geeste van slawerny (Rom 8: 15), geniet dit om die mens, wat na God se beeld geskape is, in slawerny te bring, want dit is een van hulle geliefde waterdrinkplekke. Hulle geniet dit as hulle oor jou kan heers deur middel van mense, of direk deur die invloed van bose geeste. Hulle geniet dit as jy nie meer van Jahweh kan sê dat “Al my fonteine is in jou” nie (Ps 87: 7), wanneer jy ander fonteine gekry het om van te drink. Hier sal jy met ‘n oop hart, en waarlik eerlik met jouself en met jou Verlosser, voor Hom moet gaan neerbuig en sê: Deursoek my, o my Verlosser, soos U alleen dit kan doen: “En jy, my seun…, ken die God van jou vader en dien Hom met ’n volkome hart en met ’n gewillige siel, want die Here deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot” (1 Kron 28: 9). Of wil jy maar nog vir ‘n rukkie by die vreemde fonteine sit en geniet van die gifwater saam in die kring van die spotters (Ps 1: 1-2) —as jy dit kan geniet of wil geniet! Lees Heb 11: 25 asook 2 Tim 3:4.

Die mense waarby jy water drink—water wat nie uit die Fontein van Lewende water (Joh 4: 10 ) is nie, maar… “Hulle is waterlose fonteine, miswolke voortgedrywe deur ’n stormwind, vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word. 18Want deur trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle deur begeerlikhede van die vlees en ongebondenheid dié wat waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel. 19Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar ’n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ’n slaaf geword” (2 Pet 2: 17-19). Dit geld ook godsdienstige mense wat ‘n skyn van godsaligheid en geestelikheid het, maar dit nie het nie, al lyk hulle ook baie geestelik en toegewyd.

Dit is die rede waarom jy die vervulling met die Gees van God nodig het want “Waar die Gees van die Here is, daar is vryheid” (2 Kor 3: 17). Al sou jy dan onder die ergste regerings van verdrukking en vervolging gebuk moet gaan, is jy nogtans nie in slawerny nie maar in vryheid. Hoe kan dit wees? As jy met die Gees van God vervul is, is jy vol van dieselfde Gees as Christus. En Hy is vry! So ook jy!

 

Jou ervaringe met die Heilige Gees?

Jy self sal weet wat jou ervaringe met die Heilige Gees was! Of weet jy dit dalk nie? Baie gelowiges wat in die Charismatiese kerke beland bly steeds soekende na iets meer. Dit is waar dat, as jy saam met Christus wandel, jy nooit voel dat jy geariveer het nie, jy sal altyd bly strewe na meer: “…nader steeds nader, vas aan U sy, trek my my Heiland, vol liefde vir my…” (sê die lied). Maar tog sal jý weet as jy met die Heilige Gees vervul is. En dit is wonderlik dat die woord sê in Joh 4: 13: Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; 14maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe”. Dit is wat die Heilige Gees doen: Hy les jou dors en Hy word ook ‘n fontein wat opspring tot in die ewige lewe. Nadat ek persoonlik, as ‘n jongman uit ‘n Calvinistiese kerk, vir 17 jaar in ‘n Pinksterkerk was, het ek nog steeds nie die ervaring gehad dat ek vervul is met die Heilige Gees nie. En dit nadat ek baie tyd in gebed spandeer het. Ek was selfs vir byna 10 jaar ‘n pastoor. En nou wil ek geensins die kerk blameer nie! Vir die mense wat ek daar geken het—baie van hulle toegewyde Christene!—is ek tot vandag toe lief met die liefde van Christus. Ek is bereid om te aanvaar dat my ervarings daar as gevolg van my eie tekortkominge was. Ook moes ek seker nie my verwagting in ‘n kerk se leerstelling geplaas het nie maar eerder in Jashuah self! Dit het ek later besef en daarom blameer ek nie ‘n kerk nie maar myself. Vandag is ek egter bly vir die pad wat my Vader met my geloop het!

As ek dan terugkyk na die pad deur die Calvinistiese kerk waarin ek gebore was, en selfs vir ‘n tydjie vir predikant gestudeer het, wil ek weereens nie enige skuld aan hulle deur lê nie. Die fout was maar seker weereens by my persoonlik. Maar dat ek God ernstig gesoek het deur al die jare, is verseker. God is my getuie! En as ek dan boeke lees soos Dr Andrew Murray s’n, voel ek beter. Ek besit baie boeke waarvan ek weinig gelees het. Die boeke het ek geërf en ook persent gekry. Vanmôre het ek na my rak gestap en een boek uit ‘n stel van tien, “Versamelde Werke” deur dr Andrew Murray geskryf in 1888, uitgehaal en daardeur begin blaai. Dié “Deel 3” handel oor “Die werk van die Heilige Gees”. Die boek beslaan 411 bladsye! As my lewe nie so propvol ander verpligtinge was nie, sou ek seker die boek wou lees. Maar ek het toe so 5 minute gespandeer om enkele bladsye in “die Voorwoord” te lees en dit was genoeg om tot een gevolgtrekking te kom dat ‘n man van gebed, soos Andrew Murray, erg besorg was oor die afwesigheid van die werking van die Heilige Gees in die NG Kerk van daardie jare (1888).

Hy het sterk by die kerk se lidmate asook leiers aangedring dat ‘n nuwe soeke na die vervulling met die Heilige Gees nodig is in die kerk. Een van die volumes van die stel boeke: “Die Geestelike toestand van die kerk” (Volume 6), sal seker my oortuiging bevestig dat die kerke van die Christendom ‘n nuwe soeke na die vervulling met die Heilige Gees benodig. En dit veral nou! Ons is in die nood hier in Suid Afrika. Letterlik duisende van ons—veral jongmense—het nie werk nie en moet oorsee gaan daarvoor. Ander vlug die land uit vanwee vrees vir die vyand wat geen genade betoon nie. Weet jy en besef jy wat die vervulling met die Heilige Gees vir jou en jou huis, asook vir die hele volk hier aan die Suidpunt van Afrika, sal beteken? Weet jy, bo alles wat dit vir jou kan beteken, wat dit vir Jahweh kan beteken—Hy wat ons hierheen gestuur het sodat Sy Naam hier verheerlik kan word. En het Hy nie gesê dat as die Heilige Gees, die Trooster, kom sal Hy Hom verheerlik nie? (Joh 16: 13-14). Hier volg nou enkele beloftes deur Jashuah self gemaak aan jou persoonlik—beloftes wat die Heilige Gees vir jou sal doen, veral in ‘n tyd soos hierdie: Joh 14: 16-18: En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ’n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: 17die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. 18Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe” Vers 26: maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het”.

Joh 15: 26-27: Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig”. Joh 16: 7: “Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; 8en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: 9van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; 10en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; 11en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is. 12Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie. 13Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. 14Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. 15Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig”.

Ek lees nou-nou, terwyl ek my vroeë-oggend koffie en beskuit (dankie my liewe vrou daarvoor!) geniet voor die aangesig van my hemelse Vader, lees ek in Johannes 12: 20-50. In vers 21 lees ek dat mense na die dissipels van Jashuah gekom het met die woorde: “My heer, ons wil Jashuah graag sien”. Alhoewel hulle baie van Hom gehoor het wil hulle Hom graag sien. So baie mense in die wêreld het in ons dae van Jashuah gehoor, maar wil Hom graag sien! Ja, hulle kom vra by die Christelik kerke: “Ons wil Jashuah graag sien”. Maar dit waaraan die mense sal weet dat ons deel is van die liggaam van Christus, is nie by ons teenwoordig nie. Jashuah het gesê: “Hieraan sal almal weet dat julle My dissipels is, as julle liefde onder mekaar het” (Joh 13: 35). Die Heilige Gees alleen kan ons hierdie liefde gee. Lees Rom 5: 5; Rom 15: 30. Dit is hierdie liefde van die Gees wat Jashuah se gebed in Joh 17 : 20-22 beantwoord: “Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo —21dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. 22En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is”. Dit is EEN Gees wat ons tot EEN liggaam saamvoeg. 1 Kor 12: 12-14 : “WANT net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.13Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.14Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie”. Jy kan gerus verder lees tot by vers 31.

As daar nie liefde in ‘n gemeenskap is nie kan ons met reg vra of die Heilige Gees daar teenwoordig is.wat is jou persoonlike ervaring in die opsig? Is jy lief vir Christene van ander kerke en gelowe?


67. Wie is hy wat lus het in die lewe?

 

Ps 34: 13:Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die goeie te sien? Iets wat baie mense in ons land, en ook oor die hele wêreld, nou in hierdie tyd van die Covet-19 pandemie verloor het, is hulle lewenslus. Hulle het nie meer lus vir die lewe nie. Niks wat lekker is, het vir hulle oorgebly nie. Hulle het geen hoop meer nie, en ook geen belangstelling nie. Vir die mens wat nou nie sy hoop op Christus stel nie, bly daar maar min oor om voor te lewe. Daarom sal selfmoord, of selfbeëindiging van hulle lewe, net daagliks toeneem. Maar gelukkig is jy as jy jou hoop op Jahweh stel (Ps 39: 8). Dawid praat met homself: Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof—die verlossing van sy aangesig!

Staan jy soms op in die oggend en skielik en skokkend is jou ontdekking dat jy nie lus het vir enige iets in die lewe nie? Jy het nie lus om te gaan werk nie, ook nie lus om te gaan kuier nie. Jy merk op dat jou liggaam oorgewig en onfiks raak maar jy het nie lus om te oefen of fisiese werk te doen nie. Jou motorhuis is deurmekaar maar jy het nie lus om dit reg te pak nie. Jy het lus vir niks nie. Die ergste is dat jy ook nie lus het om met jou Vader te gaan gesêls nie! Jy het nie lus om tot Vader te roep nie, ook nie lus om Hom te loof nie. As dit nog nooit met jou gebeur het nie moet jy wonder of jy ooit normaal is!

Waar lê die oorsaak daarvan? Solank jy nog in die vlees lewe en jou bron van krag lê in die vlees, die wêreld en al sy planne en hulpbronne, dan kan jy aangaan met baie ondernemings, solank as die hulpbronne hou. Sovele atlete en sportmanne het die afgelope tyd, terwyl die inperkings vanweë die Covet-19 pandemie die pawiljoene leeg gelaat het, verklaar dat hulle mis die applous van die mense, die toejuiging deur die skare! Want dit laat hulle meer geinspireërd speel.

Daagliks hoor ons van mense wat deur geweldige traumatise ervaringe gegaan het en hoedat hulle wonderbaarlik opgestaan het uit hulle toestand. Maar in baie gevalle was daar publisiteit verleen aan hulle ongeluk en die aanmoediging van mense het hulle bo verwagting laat herstel. Met diegene wie se verlies of ongeluk nie deur mense raakgesien was nie, het dit nie altyd so goed gevorder nie. Menslike initiatief kan nogal groot wonders vermag solank dit deur mense aangespoor word. Sodra daar nie meer vleeslike aansporing is nie val dit plat.

Dus solank die bron van jou aanmoediging standhou, het jy lus vir die uitdaging. As vlees jou bron is—dus jou eie ek—dan sal dit hou solank jy jou nie tot God bekeer en Sy Seun aanneem as jou Saligmaker nie. Die oomblik wat jy aan God verklaar dat Sy Seun, Jashuah, nou jou geregtigheid en krag is, het jy jou bedanking ingedien by die vleeslike en wêreldse bronne. Nou het Jashuah jou Bron van lewe geword en jy moet nou versigtig wees hoe jy met Hom te werk gaan.

Jy het ‘n vervulling met die Gees van God nodig. Jy het die Laat reëns nodig. En jy het nodig dat die stroom van Lewende water elke dag deur jou vloei en nooit ophou nie. As ‘n regverdige lewe jy nou deur/uit die geloof (Hab 2: 4; Heb 10: 38). As jy die Heilige Gees bedroef (Efes 4: 30) sal jy skielik ervaar hoe Sy afwesigheid jou verlam. Jy sal fisies en geestelik verlam gelaat word, want jy het jou vorige bron tot niet verklaar en lewe nou deur die Gees en uit die geloof. Hy is nou jou enigste Bron.

Voel jy dat jy nie meer krag het om aan te gaan nie? Dan sê Hy nou vir jou deur hierdie Woord: “Staan regop op jou voete!” (Hand 14: 10). God gaan jou nie kom optel nie. Jy moet eerste die inisiatief neem en dan sal Hy die res doen. Verlede jaar was nogal vir my persoonlik ‘n krisisjaar wat my gesondheid aan betref. Op die 16de Mei 2020 het Hy vir my tweekeer die Woord gegee: “En Petrus sê vir hom: Enéas, Jesus Christus maak jou gesond; staan op en maak jou bed op! En hy het dadelik opgestaan” (Hand 9: 34). Dadelik het ek besef dat ek nou die initiatief moet neem en opstaan. Ek kon beswaarlik opstaan maar het myself gedwing. En toe ek bewende gaan staan het my Vader toegetreë en Sy krag het begin instroom en Hy het my aangeraak. Maar die eerste inisiatief moes van my af kom. Hy sê vir die man met die verdorde hand (Matt 12: 13): “Toe sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en dit is herstel, gesond soos die ander een”. Hy moes die eerste beweging maak en Jashuah gehoorsaam, toe tree God se genesende krag in werking. Ook in Luk 17: 14: “En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword”. En onderwyl hulle weggaan—Hom dus glo en gehoorsaam deur die eerste inisiatief te neem—het hulle rein geword.

As jy dalk nou vra: “Maar waarom kan ek nie glo nie” antwoord die Skrif jou: “…die geloof wat deur die liefde werk” is wat jy nodig het. Onthou jy dit nog? Onthou jy dat die geloof deur die liefdesverhouding en gemeenskap met God jou Vader en Jashuah jou Verlosser werk? Onthou jy dat geloof nie deur die verstand en denke van die mens werk nie? Die vlees kan Hom nie behaag nie (Rom 8: 8). Hoe meer jy intens voor Hom sit of staan en op Hom konsentreer en jou oë op Hom vestig—met ‘n verwagting dat Hy iets vir jou gaan doen, hoe meer sal jy ervaar hoedat Sy Gees in jou instroom en geloof in Hom jou deel word. En in dié tyd het die siener Hanáni na Asa, die koning van Juda, gekom en aan hom gesê: Omdat u op die koning van Aram gesteun en nie op die Here u God gesteun het nie, daarom het die leër van die koning van Aram uit u hand vrygeraak. 8Was die Kusiete en die Líbiërs nie ’n groot leërmag met buitengewoon baie strydwaens en perderuiters nie? En tog het Hy hulle in u hand gegee; omdat u op die Here gesteun het; 9want die Here—sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees” (2 Kron 16: 7-9). As jy op die arm van die vlees steun sal daar oorloë teen jou wees. Ja, daar sal selfs ‘n vloek oor jou wees! Lees Jer 17: 5: So sê die Here: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die Here afwyk”. As/wanneer jy so stil word voor jou Vader en jy kyk na alles wat Sy verstand uitgedink het en Sy hande gemaak het, hoe dink jy dan om jou verstand te gebruik om jou probleme op te los?

God het jou verstand gegee met een doel en dit is naamlik om Hom te ken: En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe” (1 Joh 5: 20). Kan jy soos Paulus sê: Ek is nie kranksinnig nie, hoogedele Festus, maar ek spreek woorde van waarheid en gesonde verstand (Hand 26: 25)? Jy kan dit ook sê mits jy ervaar het hoe Hy jou verstand open (Luk 24: 45). Wanneer sal jy dit kan sê? Wanneer Hy jou wysheid en verstand tot niet gemaak het soos wat 1 Kor 1: 19 sê: want daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense tot niet maak”. Jy moet eintlik die hele gedeelte lees van vers 17-31.

Een of ander tyd in jou lewe sal jy op die plek kom dat jou verstand, en jou denke, en jou planne, gedaan sal wees (Ps 146: 4). Is die woord in Miga 2: 4 nie nou op ons Blankes van toepassing nie? : In dié dag sal hulle ’n spotlied oor julle aanhef en ’n klaaglied sing: Dit is gedaan—sal hulle sê—ons is heeltemal verwoes; die eiendom van my volk laat Hy van besitter verander. Hoe neem Hy dit van my af! Aan die afvalliges deel Hy ons velde uit”. Het jy nog planne en dreigemente? Het jy nog ‘n woord van vertroosting vir jou huisgesin? Of is dit reeds met al jou planne gedaan? Indien jy hierop “Ja” kan antwoord wil ek vir jou sê: “Jy het nou op die beste plek ooit in jou lewe gekom! Die “Boom van kennis van goed en kwaad—van reg en verkeerd” het uiteindelik vir jou nie meer ‘n oplossing nie! Uiteindelik kan jy uitroep soos Paulus: maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God” (1 Kor 1: 23).


68. Selfbeheersing.

 

Dit is soms makliker om oor ander te heers as oor jouself. Jy kom gou agter dat jy nie jouself kan beheer nie—daar woon ‘n sonde in jou waarvan jy jouself nie kan bevry nie! Christus alleen kan dit doen (Rom 7: 17, 20, 24-25). Wanneer die Heilige Gees jou vervul dan verslaan Hy jou gees (Jes 66: 2) en vervul jou met die Gees van Jashuah. Maar dan is daar nog die mens se siel (vlees of “eie ek”) waaroor die Gees van Jashuah wil heers. Hy het egter jou toestemming en gewilligheid nodig, want jy het ‘n vrye wil. Selfbeheersing is dan wanneer jy jou “self” oorgee aan Christus sodat Hy deur Sy Gees oor jou “eie ek” kan heers. Dit is selfbeheersing. Maar soveel kere ondervind ons dat ons “eie ek” nie onder Jashuah se heerskappy staan nie en dan dinge doen waaroor ons later skaam kry. Ons “eie ek” of vlees (siel) is dus onbeheerst. Wanneer Jashuah eers jou hele gees en siel beheer, dan doen jy Sy wil in alles. Dan het jy selfbeheersing (Gal 5: 22; 2 Tim 1: 7).

Jashuah moet alleen as Heerser oorbly (Sag 14: 9; Matt 14: 23; Matt 17: 8). Hy is die EEN, die enigste EEN. Job 23: 13MAAR Hy bly onveranderlik Een—wie sal Hom dan teëhou? En wat sy siel begeer, dit doen Hy. 14Want Hy sal volbring wat oor my besluit is, en baie sulke dinge is daar by Hom”

Die eerste plek waar Jashuah wil regeer is in jou hart (gees en siel). En dan wil Hy ook jou liggaam beheer en daaroor regeer. Hy het jou immers met Sy bloed gekoop (1 Kor 7: 20). 1 Pet 1: 18-19: “omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, 19maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ’n lam sonder gebrek en vlekkeloos…”. Daarom wil Hy jou gees, siel en liggaam ten volle besit en beheer (1 Thess 5: 23). 1 Kor 6: 19: “Of weet julle nie dat julle liggaam ’n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? 20Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort”.

Daagliks stuur Jahweh jou deur toetse om aan jou te toon dat jy baie ernstig moet bid vir die vrug van die Gees (Gal 5: 22)—veral vir selfbeheersing. Bid Hom nou daarvoor en bid ook dat Hy jou sal toon hoe groot gebrek jy het aan selfbeheersing. Is jy bang vir selfbeheersing soos goewerneur Felix (Hand 24: 25) ?

Jy onthou nog seker dat die Heilige Gees soos ‘n pantograaf dit wat aan Christus behoort sal neem en aan jou oordra? Joh 16: 13-15: Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. 14Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. 15Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig”. Die Heilige Gees sal dus uit Jashuah se selfbeheersing neem en dit in jou oorplaas of oordra. Daar is nie ‘n ander manier as God se manier nie. En as ons sien hoedat ons telkens ons vrees of ongeloof, ons liefdeloosheid en onvergewensgesindheid, ons luste en begeertes, ons hebsug en begeerte om te “wil hê”, nie kan beheer nie, dan bely ons dat ons dit nie uit onsself kan doen nie. Veral as ons na Jashuah se selfbeheersing kyk in soveel gevalle. Lees Matt 26: 39. Begeer jy so ‘n selfbeheersing, selfs wanneer jy die dood in die oë staar? Om nooit te wyfel of terug te deins nie—vir geen mens of enige vyand of omstandighede nie. Dit vanweë die selfbeheersing van Christus in jou. Dan het jy nie nodig om jouself uit ‘n moeilike situasie uit te lieg nie, uit vrees vir wat mense sal sê!


69. Die lydsaamheid van Christus.

 

Behalwe selfbeheersing het jy ook die lydsaamheid van Christus (Jashuah) nodig. Ek het al vantevore verskeie keer hieroor geskryf maar wil nou slegs jou geheue verfris omdat dit so belangrik is—eintlik onontbeerlik: Daar is ‘n Woord in Openbaring 3: 10 wat ons nooit mag vergeet nie: Omdat jy die woord van My lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel”.

In Openbaring 14: 6-13 is daar ‘n beskrywing van die “Engele wat die oordeel van God aankondig”. Dan sê Hy in vers 12: “Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas”. As jy nog wonder waarom die Skrif in Heb 10: 36 sê: “Want julle het lydsaamheid nodig om, nadat julle die wil van God gedoen het die belofte te verkry” sal jy nou besef, as jy Open 14: 6-13 lees, dat daar ‘n dag kom dat die lydsaamheid van Christus vir jou goed te pas gaan kom. Jy gaan dit dus nodig kry op daardie dag! En jy moet onthou dat dit nie sommer enige lydsaamheid is nie, dit is die lydsaamheid van Christus (Open 3: 10). En, as daar ‘n Wegraping gaan wees, dink jy dat daar nie een of ander kwalifikasie sal wees vir hulle wat met die wegraping sal saamgaan nie? Hulle wat dan agterbly—volgens die leer van hulle wat glo aan ‘n wegraping—sal die lydsaamheid van Jashuah nodig hê om staande te bly in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel (Open 3: 10). Sou die wat dan weggeraap gaan word, nie die lydsaamheid nodig hê nie? Een van die belangrikste vrugte van die Heilige Gees, naamlik die vermoë om te ly terwille van Sy Naam? Is dit nie juis omdat hulle die vrug nie het nie, dat hulle probeer wegvlug voor die beproewing kom nie? Sou Jashuah deur Sy bittere lyding kon gaan sonder die lydsaamheid wat die Heilige Gees in Hom gewerk het? Nooit! Jy ook nie. Maar as jy dieselfde lydsaamheid het as wat Hy gehad het, sal jy ook deur dieselfde lyding en vervolging kan gaan. Jashuah het Sy dissipels die vraag gevra: “Kan julle die beker drink wat Ek drink?” En hulle het hierop “Ja” geantwoord. En toe hulleself deur ‘n bittere lyde moes gaan ter wille van Christus, kon hulle triomfeer! Hoe het hulle dit reg gekry? Deurdat hulle dieselfde lydsaamheid as Christus gehad het! Het jy dit? Is jy seker?

Sion het weë gekry, meteens haar kinders gebaar

Die vraag word gevra in Jes 66: 8 :Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word ’n land op een enkele dag gebore? Of word ’n nasie met een slag gebaar? Want Sion het weë gekry, meteens haar kinders gebaar. Die geboorte van God se volk kom van Bo voortspruitend uit ‘n “barensnood in gebed”.

Miga 5: 2 : Daarom sal Hy hulle prysgee tot op die tyd dat ’n barende gebaar het. Dan sal die oorblyfsel van sy broers saam met die kinders van Israel terugkeer”. Ons toestand is nou baie kritiek: “Vandag is ’n dag van benoudheid en straf en lastering; want die kinders het tot by die geboorte gekom, maar daar is geen krag om te baar nie” (Jes 37: 3). As die volk van God nie meer die lus het om ernstig tot gebed oor te gaan nie, dan is ons hoop verlore! Ek het deur jare oor gebed gepreek en geskryf maar eindelik moet ek ontdek dat hierdie volk nie meer lus het om te bid nie! Ons kan van hierdie volk sê soos ons in Hosea 13: 13 lees:Barensweë sal hom oorval, hy is ’n onverstandige kind; want as die tyd daar is, stel hy hom nie in die kindergeboorte nie”. Wat die lewende woord hier vir ons sê is naamlik dat die geboorte van die kinders van God nie vir ons belangrik is nie. Selfs in hierdie tyd waarin ons blankes in so groot nood verkeer, kry ‘n mens die indruk dat die beveiliging van ons plase, huise en huisgesinne vir ons belangriker is as die geboorte van God se heilige nasie! Hulle bid baie ernstiger oor ‘n goeie prys vir hulle gronde sodat hulle oorsee ‘n nuwe begin sal kan gaan maak, as wat hulle bid dat God die “Iets nuuts” (Jes 43: 19) hier in Suid Afrika gaan uitstort wanneer die laat reëns gaan uitsak oor die opregtes! Tog sal barensweë ons oorval (Hos 13: 13) wanneer God hierdie volk se eiendomme van besitter laat verander. Miga 2: 4: In dié dag sal hulle ’n spotlied oor julle aanhef en ’n klaaglied sing: Dit is gedaan—sal hulle sê—ons is heeltemal verwoes; die eiendom van my volk laat Hy van besitter verander. Hoe neem Hy dit van my af! Aan die afvalliges deel Hy ons velde uit”. Jer 6: 12 :En hulle huise sal oorgaan op ander mense, landerye en vroue, alles tesame; want Ek sal my hand uitstrek teen die inwoners van die land, spreek die Here”.

Daar is baie wat “betyds” sal kan wegkom uit hierdie land, maar die res sal maar hier moet bly. Hulle sal geen ander oplossing hê as om hulle tot hulle God te wend nie. Of hulle sal hulle eie planne maak met die noodwendige gevolge!

En nou reeds gaan God die opregtes lus maak om te bid! Met al ons planne is dit gedaan. Ons vashouplek het verdwyn. Deut 32: 36 : Want die Here sal aan sy volk reg verskaf, en Hy sal medelyde hê met sy knegte as Hy sien dat hulle vashouplek weg is en dit met almal sonder uitsondering gedaan is”. Wanneer ons vashouplek verdwyn het—en dit het nou al byna verdwyn!—en dit met almal, sonder uitsondering, gedaan is, sal ons Vader ons hulpgeroep hoor en ons te hulp snel. Wie is die “almal”? Is dit al die inwoners van Suid Afrika? Ek dink nie so nie. Is dit ál die blankes? Ek dink ook nie so nie. Is dit dalk al die Christene? Die naam Christen is baie wyd daarom glo ek dat ons meer spesifiek sal moet wees. As al die opregte kinders van God se vashouplek verdwyn het en dit met hulle almal, sonder uitsondering gedaan is, sal hulle in hulle wanhoop op enige vleeslike hulpbronne, hulle hart onverdeeld op Jahweh as hulle enigste Verlosser rig. Dan sal hulle Hom verwag. Hy het mos gesê: 8Daarom, verwag My, spreek die Here, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit; want dit is my strafoordeel om nasies te versamel, koninkryke te vergader om my grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Want die ganse aarde sal deur die vuur van my ywer verteer word!” (Sefanja 3: 8). Hulle gaan verwag dat Hý op die toneel gaan verskyn in Sy groot liefde en ook in Sy wraak oor ons vyande. Hy self sal ons kom verlos. En hulle sal in dié dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is die Here op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp” (Jes 25: 9). 3Versterk die slap hande en maak die struikelende knieë vas. 4Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos” (Jes 35: 3-4). Of Hy sal ‘n redder stuur: “as hulle die Here aanroep vanweë die verdrukkers, sal Hy aan hulle ’n redder stuur en ’n stryder wat hulle sal verlos” (Jes 19: 20). Maar alle mense sal weet dat God dit gedoen het! (Ps 12: 5).

Is dit al met jou sonder uitsondering gedaan? Het jou vashouplek geheel en al verdwyn? Of het jy nog planne wat jy wil maak? As jy daarop vertrou kom die woord na jou toe: “As jy skreeu, laat jou hoop gode jou red; maar die wind lig hulle almal op, ’n luggie neem hulle weg. Maar wie op My vertrou, sal die land beërwe en my heilige bergland in besit neem” (Jes 57: 13).


70. Totdat Christus in julle gestalte gekry het.

 

Ten einde Christus gestalte te laat verkry in ons land Suid Afrika, en ook oor die hele aarde, verg barensnood in die gees van‘n bidder—‘n voorbidder wat die behoefte en nood ken en weet dat die Heilige Gees alleen die ding kan doen, en dat daar dus nie ‘n ander plan is nie. Die Boere sê: “’n Boer maak ‘n plan” en die Indiërs sê: “Die Indiër het ‘n plan” maar hier sal geen ander plan as God se plan werk nie. Sy plan is naamlik dat Hy die gees van die mens vervul met Sy Gees. Hy sit dus vir ons ‘n ander masjien in. Jare gelede toe ry ek met my Borgward motor (ek glo dat min mense dié motor geken het). Maar dit was ‘n motor wat kon ry! Toe ek in my tru-spieël kyk sien ek ‘n ou Ford Prefect karretjie wat op my hakke sit om verby te gaan! Ek kon dit nie glo nie want dit was maar ‘n tengerige ou karretjie. En toe hy ‘n geleentheid kry om verby te gaan, toe laat hy my net hakskene sien! Dit het my verwonder totdat iemand my vertel het dat hulle ‘n groot V8 masjien daar ingebou het. Toe verstaan ek alles. Dit is maar ‘n swak vergelyking met die kragtige Gees van God wat in hierdie vleeslike dop, my swakke liggaam, ingebou word om dinge te doen wat ek nooit sou kon doen nie. Nou is dit nie meer ek nie maar die Gees van Christus wat in my lewe. Wat ‘n “Masjien”!

Kyk na die “Masjien” wat Petrus gekry het op Pinksterdag toe die vroeë reëns uitgestort is. Voor Pinksterdag was hy bevrees om Jashuah te bely voor ‘n diensmeisie (Matt 26: 69-75). Maar toe die Gees van Christus op hom uitgestort was het hy onbevrees gespreek voor duisende mense en kragtig getuig van die opstanding van Jashuah uit die dode (Hand 2: 14-36; 4: 8, 13, 31). Dit is waarom die ware aanbidders nou bid vir die “Laat reëns”. Maar waar is die voorbidder wat in barensnood verkeer soos Paulus? Hy sê: “my kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdat Christus in julle ’n gestalte verkry” (Gal 4: 19). Is jy gewillig hiervoor? Terwyl ander (nogal) goeie Christene nog baie tyd het vir hulle eie plesier en genietinge, wil jy jou nie tot beskikking van God stel om so ‘n voorbidder te wees nie? Jy doen dit vir Jashuah en Sy Vader se plesier! Dit sal gou vir jou ook ‘n plesier word.


71. Seuns en dogters van God.

 

Jare gelede was ek in ‘n kerk vir ‘n begrafnis en toe sien ek ‘n groot banier voor in die saal wat lees: “Vriende in Christus”. Die reeks preke van die dominee het klaarblyklik om die tema gegaan waar Christus gesê het: “Ek noem julle vriende”. Joh 15: 15 Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het”.

Eers het Hy hulle “diensknegte” genoem (Luk 17: 10). Toe noem Hy hulle vriende (soos ons reeds hierbo gesien het). Toe noem Hy hulle Sy kinders. Joh1: 12:Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; 13wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ’n man nie, maar uit God gebore is”. Daar is ‘n woord vir “kind” in die Griekse taal: teknon. En dan is daar ‘n woord vir “seun”: huios. Dit is die grootste eer wat God ‘n sondige mens, wat hom tot Hom bekeer het en die volle geregtigheid in Christus aangeneem het in die geloof, kan aandoen: Dat hy ‘n kind van God genoem kan word (Joh 3: 1-3). Maar dat hy ‘n seun van God genoem kan word is nog ‘n groter eer. Om ‘n dogter van God te wees is ook ‘n groter eer as om net ‘n kind van God te wees. Daar is ook ‘n woord vir “dogter” waar ons in 2 Kor 6: 18 lees: “en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige”. Oor hierdie onderwerp sal ek later meer in besonder moet skrywe, maar nou is daar nie die tyd nie.

Om seuns en dogters van God te wees moet jy Hom van naby ken. Die Grieks sê dat “kind”meer verwys na die geboorte van ‘n kind, terwyl “seun” meer verwys na “die waardigheid van die verhouding met die Vader, waarin mense gebring word deur die Heilige Gees wanneer hulle waarlik in Christus glo”. Om Christus so te ken moet jy jou alles offer soos Filip 3: 7-13 ook sê: Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. 8Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry 9en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; 10sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, 11of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik. 12Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is. 13Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. 14Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus”.

En hierdie groot eer en voorreg om “seun en dogter” van God die Vader genoem te word, is nie slegs vir die gelowiges uit Israel beskore nie maar ook vir hulle wat hulle uit die heidene tot God bekeer en Jashuah as hulle Verlosser en Saligmaker aanneem. Nou het ons ‘n groot onderwerp aangeraak, wat, indien jy hierdie woord in jou hart gaan bêre, jou hele lewe gaan omkeer! Lees dus nou verder met ‘n oop gemoed:

Wanneer ons dink aan die bekering van die heidene is daar talle dinge wat deur ons gedagtes flits. Dwarsdeur die geskiedenis van die Christendom, was die “evangelie aan die heidene” ‘n integrale deel van die verkondiging van Jashuah Messiah. Hulle het Christus verkondig—nie ‘n godsdiens nie maar ‘n Persoon. Lees Hand 8: 5, 12. Ander plekke lees ons dat hulle die evangelie verkondig het. Dit is die blye boodskap van Jashuah as Verlosser (Matt 1: 21). Maar die evangelie aan die heidene was deurgaans ‘n prominente onderwerp. In die NG Kerk, asook in baie ander kerke in ons land en oor die wêreld het hulle geglo dat hulle ‘n “sending gedrewe hart” moet hê. Gedurig was offerandes opgeneem vir sending-werk. Ek persoonlik kom uit ‘n sending-bewuste familie. Maar ons het die heidene deurgaans as inboorlinge van lande gesien, waar Christus nog nie verkondig was nie. Ons het nie die heidene met ons eie velkleur en taal raakgesien nie. Dit bring ons by die vraag: wie is die heidene van vandag?


72. Wie is die heidene van ons tyd?

 

In die tyd van die Handelinge van die Apostels was daar twee groepe mense: Jode en heidene. En dit was al. As iemand nie ‘n Jood was nie was hy ‘n heiden. Die Grieke was heidene en so ook die Romeine. Lees Rom 1: 5, 8. Maar alle nie-Jode was heidene of goim deur die Jode genoem. As die Apostels dus na die heidene gegaan het met die evangelie het almal verstaan dat hulle na die nie-Jode gaan. En as ons sou glo, soos die Israel-waarheid mense in ons land glo, dat hulle nakomelinge is van die Tien Stammme van Israel wat in verstrooiing was onder die nasies, was ons dus nie heidene gewees, voor ons bekering tot Christus nie. Ons was en is dan Israeliete na die vlees. Maar oor hierdie onderwerp het ek baie gewonder en ook diep ondersoek daaromtrent gedoen. Alhoewel dit baie aanloklik lyk vir my is daar groot onsekerheid oor hierdie bewering. Ek was selfs in Israel in hulle “Museum of the Dispersion (Diaspora)” in Tel-Aviv in 1980, maar daar heers baie groot onsekerheid of ons Westerse Blanke beskawing wel die nakomelinge van die Tien Stamme van Israel is.

Vir my is dit genoeg antwoord as my Vader vir my sê dat Hy Israel sal wegvoer in ballingskap as hulle ontrou teenoor Hom sal wees, maar hulle weer sal terugbring na hulle land indien hulle berou kry en hulle bekeer tot Hom. Hiervoor sal jy moet lees in Deut 29: 14-29; Deut 30: 1-20. Nehemia noem dit voor God in sy gebed: “Dink tog aan die woord wat U aan Moses, u kneg, beveel het, naamlik: As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi; 9maar as julle jul tot My bekeer en my gebooie onderhou en dit doen—al was julle verjaagdes aan die einde van die hemel, dan sal Ek hulle daarvandaan versamel en hulle bring na die plek wat Ek verkies het om my Naam daar te laat woon” (Neh 1: 8-9). Esegiél haal dit ook aan in Eseg 39: 27-28: As Ek hulle terugbring uit die volke en hulle versamel uit die lande van hulle vyande, sal Ek My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van baie nasies. 28En hulle sal weet dat Ek, die Here, hulle God is, daaraan dat Ek hulle in ballingskap laat gaan het na die nasies, maar hulle weer versamel het in hulle land en dáár niemand meer uit hulle agter laat bly het nie”. Toe Israel dus teruggekeer het na hulle land het daar niemand agter gebly nie. Wat sou dan van die res geword het? Hulle het daar omgekom. Die “Museum of the Dispersion” in Israel het talle bewyse van verskillende groepe wat jag gemaak het op die Israeliete en hulle uitgeroei het sodat daar waarlik niemand agter gebly het nie. Die wat dus nie na Palestina terug gekeer het nie het daar in die lande van hulle ballingskap omgekom.

Dit is baie moeilik om te bepaal wie die heidene vandag is maar as ons gehoorsaam aan die Heilige Gees gaan waar Hy ons ook heen lei, sal Hy Sy lewe deur ons laat skyn, en hulle sal die aangename geur van Jashuah by ons kry—sonder dat ons vir hulle preek of hulle probeer oortuig (2 Kor 2: 15-16). Ons is mos “die stilles in die land”? (Ps 35: 20) daarom getuig ons lewens en nie ons mond nie! God getuig van Sy Seun in ons (1 Joh 5: 9-10) deur te sê: “Dit is My geliefde Seun”

Is iemand wat die Gees van Christus nie het nie, ‘n goddelose? Rom 8: 9 “Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie”. Beteken dit dat Hy sonder God is omdat Hy nie aan Christus behoort nie? Christus en Sy Vader is EEN, dus beteken dit om sonder Christus te wees ook dat so ‘n persoon goddeloos is? Vra jou Vader hieromtrent. Maar die goddeloses asook die heidene het almal ‘n bekering tot God nodig. Hulle word almal gered op dieselfde manier (Hand 15: 9-11; Rom 3: 9, 21-24). Nou, waarom die onderskeid tussen Jood, heiden en goddelose? Hulle het almal gesondig (Rom 3: 21-24) en word almal deur die geloof in Jashuah se versoeningsdood gered. Almal wat God nie het nie is dus maar dieselfde as ‘n heiden. Daarom kan die Gees van God ons stuur na enige mens in enige land soos wat dit Hom behaag. So het Hy Paulus-hulle gestuur na Macedonië (Hand 16: 9-12) en Petrus-hulle na Cornelius (Hand 10).


73. God se reg moet op die aarde gevestig word.

 

“God se reg” beteken “dit wat reg is in Sy oë”—met ander woorde: “Dit wat Hom welgevallig is”. As elkeen wat gewillig is om God se wil te doen uit die geledere van sondaars, Jode, Grieke, heidene of goddeloses, dan daardie reg vir hulleself toeëien en uitoefen, sal hierdie wêreld vir God groot heerlikheid gee! Maar ongelukkig is dit die teenoorgestelde: die mensdom wil nie God behaag nie.

Ken ons die reg van die Here (Jahweh)? Jer 8:7; Selfs ’n groot sprinkaanvoël aan die hemel ken sy bepaalde tye, en ’n tortelduif en ’n swaweltjie en ’n kraanvoël neem die tyd van hulle koms in ag; maar my volk ken die reg van die Here nie”. As ons die reg van Jahweh ken sal ons besef dat ons ‘n groot verantwoordelikheid het teenoor Hom. So het ons ook ‘n groot verantwoordelikheid teenoor alle mense. Lees Rom 1: 14; 2 Kor 5: 11. Paulus verdra ook baie dinge ten einde mense by Jashuah uit te bring (1 Kor 9: 19-27). Jashuah se regte het ook ons s’n geword. Ons gebed dat Sy koninkryk op die aarde gevestig sal word behels dat Hy Sy reg na die nasies sal uitbring. Matt 12: 18: Kyk, my Kneg wat Ek uitverkies het, my Geliefde in wie my siel ’n welbehae het! Ek sal my Gees op Hom lê, en Hy sal aan die nasies die reg aankondig. 19Hy sal nie twis of uitroep nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie. 20’n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ’n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring”.

Hierdie week het ons in die nuus gehoor dat ‘n Duitser (95), wat in 1945 ‘n wag was by een van Duitsland se konsentrasiekampe, uit die VSA geban is omdat hy dan deel sou wees van die “misdade teen die mensdom” wat Hitler gepleeg het deur die Jode dood te maak. Hy is al 95 jaar oud! Die nuwe staatspresident van Amerika het seker deur hierdie optrede getoon dat die VSA daarteen is dat misdade teen mense gepleeg moet word. Baie mooi! Maar is hulle konsekwent? Daagliks word misdade in Suid Afrika gepleeg teen blankes wat vermoor word en van hulle gronde beroof word sonder vergoeding. Is dit nie misdade teen die mensdom nie? Of geld hierdie wette net vir sekeres op aarde? Dit is waarvan die woord van God spreek in Hab 1: 4 as Hy sê: “Daarom kom die reg verdraaid te voorskyn”. Daarom verloor die wet sy krag, en die reg kom nooit meer te voorskyn nie; want die goddelose omsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn” (Hab 1: 4). Jashuah het gekom om die reg na die nasies uit te bring “…Hy sal die reg na die nasies uitbring” (Jes 42: 1-4; Matt 12: 17-21). Ons het waarlik iets om na uit te sien wanneer Sy koninkryk kom en Hy kom regeer op hierdie aarde. Hy sal die nasies “met ‘n ysterstaf regeer” (Open 2: 27; Open 19: 15). Ons hier in Suid Afrika kan seker duisende dinge aanhaal waarin ons kan vra: “Waar is die reg in hierdie saak”. En baie mense vra: “Nou waar is God dan? Hoe kan Hy dit toelaat? Ons reg gaan by God verby!” Maar Sy woord in Job 34: 17 sal vervul word: “Kan ook een wat die reg haat, heers? Of durf u die Regverdige, die Geweldige, veroordeel?

Hy vra hierdie vraag en kom eindelik tot die gevolgtrekking dat “die goddelose mense nie sal regeer, sodat hulle geen strikke vir die volk sal wees nie.” Wanneer die heersers wat deur God aangestel is gaan regeer sal ons heersers in geregtigheid en reg aanskou en ervaar. Lees Jes 32: 1-5. En wat ‘n heerlike ervaring gaan dít wees?

As mense hulle dwase begeertes tot ‘n reg maak, kom ‘n geslag van eiereg tot stand. Hulle voel dat hulle geregtig is op sekere dinge—eintlik op alles! Daaruit het die sogenaamde “Generation of entitlment” tot stand gekom. En omdat hulle sekere dinge begeer, waarop hulle nie reg het nie, pleeg hulle geweld om dit te kry! Dit word elke dag net ‘n groter probleem. En ons lewe in sulke samelewings (Jes 10: 1). Ons kan dus nie meer na reg, geregtigheid en ook regverdigheid soek nie. Ons sal dit alleenlik by Jahweh kry. Hy sal Sy reg na die nasies uitbring maar “as dit mag vertoef, wag daarop; want alte seker sal dit kom en nie versuim nie. 4Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe” (Hab 2: 3-4).

Dink jy dat God reg sal verskaf aan alle mense? Of sal Hy dit alleenlik doen vir die regverdige? Ps 135: 14: Want die Here sal aan Sy volk reg doen en medelyde hê met sy knegte”. Deut 32: 36 Want die Here sal aan sy volk reg verskaf, en Hy sal medelyde hê met sy knegte as Hy sien dat hulle vashouplek weg is en dit met almal sonder uitsondering gedaan is”. Dus sal ons as die volk van God—nie alle mense nie—ervaar hoedat ons hemelse Vader aan ons reg verskaf wanneer ons vashouplek verdwyn het en dit met almal sonder uitsondering gedaan is. Hoe meer onreg teenoor ons gepleeg word hoe meer sal ons begin bid dat Sy koninkryk sal kom. Ons sal dit naderhand uitskreeu: O Jahweh, laat U woord in Jes 32: 1 vervul word op hierdie aarde: KYK, ’n koning sal regeer in geregtigheid, en die vorste sal heers volgens reg”. Dink vir ‘n oomblik daaraan: “’n Koninkryk wat deur geregtigheid regeer word!” Lees Deut 16: 18-20.

Jashuah Messiah is ons Geregtigheid volgens 1 Kor 1: 30. Lees dit en ook Jer 23: 6. Let op dat dit in HOOFLETTERS geskryf staan: “DIE HERE ONS GEREGTIGHEID”. Is dit nie ‘n saak waarvoor ons as volk van God op aarde moet begin bid nie—mits ons natuurlik glo dat God gebed antwoord! Dit is dié gebed wat ons in Jashuah se Naam bid. Joh 16: 23-24: En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. 24Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees”. Glo jy waarlik dat HY jou gebed in Jashuah se Naam hoor en beantwoord? Nou, wat verhinder ons dan om te bid?

Maar pas op dat jy nie vir jou regte begin baklei nie. Moenie ‘n aktivis word nie! Of dit nou vir die regte van diere, vroue, kinders, godsdiens, kultuur, taal, rasse of wat ookal is, moenie jy daarvoor veg nie. “Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees” (Exod 14: 14). “Laat staan en weet dat Ek God is” (Ps 46: 11). Baie mense is nie aktiviste wat op straat loop met plakkate nie, ook nie in koerante of in die nuus nie, maar hulle stry vir hulle regte binne-in hulle huis of in hulle huwelik.


74. “Laat U koninkryk kom”.

 

“Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde” (Matt 28:18). “Hy moet as Koning heers totdat Hy al Sy vyande onder Sy voete gestel het. Die laaste vyand wat vernietig word is die dood” (1Kor 15: 25-26).

Met betrekking tot die woord hierbo, wat was Sy opdrag aan ons? Dit was: “So moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word; laat U koninkryk kom; laat U wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde:…” (Matt 6: 9-10). ‘Die koms van Sy koninkryk’ is ‘n onderwerp wat al baie debatte uitgelok het. Wat behels die koms van Sy koninkryk? Is dit slegs die bekering van ‘n uitverkore klomp mense wat nou in Sy koninkryk in beweeg sodat die uitverkorenes voltallig word? Ja, beslis! Maar dit behels baie meer: Dit behels die koms van die vroeëre heerskappy (Miga 4: 8). Was die vroeëre heerskappy waarna hy hier verwys een of ander aardse/wêreldse koninkryk? Nee, dit was die heerskappy van Adam voordat hy in die sonde geval het (Gen 1: 26, 28). Maar toe hulle in sonde val het hulle die heerskappy aan Satan oorgegee. Christus het Satan se heerskappy oor die mense van hierdie wêreld erken toe Hy hom in die woestyn ontmoet het. Lees Luk 4: 6:En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil”. Toe Satan gesê het dat al die mag aan hom oorgegee is het Jashuah nie gestry nie. Hy het dit dus erken want Hy het geweet dat Adam dit aan Satan oorgegee het, maar God, Sy Vader, het dit toegelaat. God het nie magteloos gesit en toegekyk hoedat Adam die mag aan Satan oorgee nie—Hy moes dit toelaat, anders is Hy nie die Almagtige nie! Eintlik het Adam se vrou dit oorgegee! Hierdie heerskappy wat Adam gehad het sou tot ‘n baie groter een gegroei het as sy vrou eerder van die “Boom van die lewe” geëet het in plaas van die “Boom van kennis van goed en kwaad”.

As ons dus bid “Laat U koninkryk kom”, bid ons vir daardie heerskappy. Dit is Jashuah se regering op aarde. Dit is waarna ons uitsien: Die hemele wat heers (Dan 4: 26).

Die Bose probeer al die tyd om sy heerskappy te behou hier op aarde maar hy kan slegs daarin slaag as ons nie glo dat hy reeds oorwin is deur Jashuah nie. Jy onthou seker altyd dat Jashuah Satan in ‘n openlike tweegeveg ontmoet het toe Hy hom in die hel ontmoet het gedurende die drie dae wat Hy in die graf was? Lees weer Kol 2: 15 asook Open 12: 7-13 en Open 3: 21.

Die koninkryk se koms gaan dus gepaard met die heerskappy van Jashuah. Hy is tog die Koning van die koninkryk. En Hy moet heers. Maar heers Hy nie alreeds nie? Ja, lees Ps 98 en 99 dan sal jy weet dat Hy heers reeds. Die hele Skrif is vol van getuienisse dat Hy nog al die tyd heers. Hy het slegs Satan toegelaat om vir ‘n tyd op die aarde te heers. Maar Hy wil nou ons as die volk van die heiliges laat heers saam met Sy Seun. (Open 5: 9-10; Dan 7: 26-27) As dit waar is dan het die koninkryk reeds gekom. Is dit nie die rede waarom Hy sê dat Sy koninkryk binne-in ons is nie? (Luk 17: 20-21) :EN toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie. 21En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle”.

Hoe weet jy of die koninkryk van God binne-in jou is? Lewe die Koning van die koninkryk binne-in jou? Ek vra dus: Lewe die Gees van Jashuah in jou? Het jy vir Hom oopgemaak toe Hy gestaan en klop het aan die deur van jou hart? (Open 3: 20). Is Hy Koning in jou lewe? Of is daar ander konings? Jou man, jou vrou? Jou kinders? Jou troeteldiere, stokperdjies, jou sport; jou kerk en sy leerstellings? Jou politiek? Daar is vele dinge wat in jou lewe koning kan kraai. Dit sal veroorsaak dat die Koning van die konings nie koning in jou lewe is nie want twee konings kan nie gelyktydig in jou heers nie. “Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!(Matt 6: 24). Daarom kan jy nie sê dat die koninkryk van God binne-in jou is nie. As jy dus bid dat Sy koninkryk moet kom moet jy vir Hom vra om by jóu te begin: “Laat dit begin by mý, o my Vader!”.

Saam met die gebed dat Sy koninkryk moet kom, bid ons ook: “Laat U wil geskied, soos in die hemel net so op die aarde”. Geskied Sy wil in jou net soos wat Sy wil in die hemel geskied? Jy sal na Hom moet kom en Hom bid om elke gees wat nie van Hom is nie, uit te dryf, soos wat Hy met Maria Magdalena gedoen het: “EN nadat Hy opgestaan het, vroeg op die eerste dag van die week, het Hy eers verskyn aan Maria Magdaléna, uit wie Hy sewe duiwels uitgedryf het” (Mark 16: 9). As dit in jou lewe gebeur het, het die koninkryk van God waarlik by jou gekom: 20Maar as Ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God waarlik by julle gekom” (Luk 11: 20). As Jashuah in jou lewe regeer en niks en niemand anders nie, kan jy sê dat Sy koninkryk binne-in jou is.

As Sy koninkryk in jou is sal jy vind dat jy nog bietjie moet wag totdat Jashuah se vyande—wat ook jou vyande is—aan jou voete onderwerp is. Hulle is reeds aan Jashuah onderwerp. Heb 2: 5-9: “Want aan die engele het Hy die toekomstige wêreld waarvan ons spreek, nie onderwerp nie; 6maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek? 7U het hom ’n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel. 8Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie; 9maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ’n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak”.

(Vraag: Sien jy Hom? Ek skryf hieroor in Hoofstuk 12)

Die koms van Sy koninkryk behels dus dat die volk van die heiliges die koninkryk in besit sal neem :en die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid, ja, tot in alle ewigheid” (Dan 7: 18). Vers 22 sê: totdat die Oue van dae kom en aan die heiliges van die Allerhoogste reg verskaf is en die bepaalde tyd gekom het dat die heiliges die koninkryk in besit geneem het”. Daar is dus ‘n bepaalde tyd wat moet aanbreek dat die volk van die heiliges die koninkryk in besit moet neem. Wat sou daardie tyd bepaal. Is dit dalk dat die volk van die heiliges nie glo dat hulle die koninkryk in besit moet neem en daarvoor moet bid nie. Dat hulle ook by hulle Vader moet hoor wat hulle moet doen met betrekking tot die besitname van die koninkryk?

‘n Onwankelbare Koninkryk

Hier op aarde het ons nou te doen met sigbare koninkryke. En is hulle nie op hierdie oomblik aan die wankel nie? Maar daar is groter en magtiger koninkryke wat nie sigbaar is nie. Dit is teen daardie onsigbare, duiwelse magte en ryke waarteen ons worstelstryd is. Hieroor kan boekdele geskryf word. 2 Kor 10: 3-6 beskryf dit duidelik. So ook Efes 6: 10-20. Ek glo dat jy dit alreeds gelees het maar lees dit weer, biddend en ernstig! Jy het hierdie wapenrustng nodig omdat God hierdie aarde nog eenmaal gaan skud: Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe. 27En hierdie woord: nog een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly. 28Daarom, omdat ons ’n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. 29Want onse God is ’n verterende vuur” (Heb 12: 26-29). Dus gaan Hy alles wat wankelbaar is op hierdie aarde en ook in die hemel, skud. Ja, Hy gaan dit skud soos wat dit nog nooit geskud was nie—nie in die tyd van die Sonvloed nie, ook nie soos met die uittog uit Egipte nie. En hierdie woorde: “…nog een maal…” laat ons besef dat dit die finale SKUD gaan wees. En Jashuah sien uit daarna: EK het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!” (Luk 12: 49). Dis Sy groot dag`(Luk 17: 24)—“Die dag van die Jahweh!”(1 Thess 5: 2). Dit is die dag waarop die wankelbare dinge gaan val en ons onwankelbare koninkryk die heerskappy op hierdie aarde gaan oorneem. Is die regerings van hierdie wêreld wankelbaar? Ja? Dan gaan dit geskud word! Is die militêre stelsels wankelbaar? Ja, beslis! Dan gaan dit ook geskud word! En die mediese stelsels, die landbou, kosvoorsiening, nywerhede, godsdienste en idiologië? Ja, dit is alles wankelbaar en daarom gaan dit geskud word. Ja, ook jou huwelik, jou gesin en vriendekring, jou aansien, jou werk, ja noem dit…en GELD? Ja,dit sal geskud word! Sodat die onwankelbare geopenbaar kan word.

As jy Haggai 2: 6-7 as ‘n lewende woord by jou Vader ontvang het sal jy ook besef dat dit nie meer so baie lank sal neem voordat Hy alles sal laat bewe nie: Want so sê die Here van die leërskare: ’n Rukkie nog, ’n kort tydjie, dan sal Ek die hemel en die aarde en die see en die droë grond laat bewe. 7Ek sal ook al die nasies laat bewe, sodat die skatte van al die nasies sal toevloei; en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vervul, sê die Here van die leërskare”.

Armes binne-in die koninkryk van God?

Die Skrif sê duidelik dat ons die armes altyd by ons sal hê (Mark 14: 7). En ook het Jashuah wonderlike beloftes aan die armes. Hy sê dat die evangelie aan die armes verkondig sal word (Luk 4: 18; 7: 22). Ook sê Hy: “Salig is julle armes, want aan julle behoort die koninkryk van God” (Luk 6: 20). In teenstelling daarmme se Hy: “Maar wee julle rykes…” (Luk 6: 24). In ‘n oorbevolkte wêreld is dit seker logies dat daar ook ‘n oorbevolkte samelewing van armes sal wees. En dit is so, en dit word by die dag erger. As ons ons goed alles aan die armes moet uitdeel, sal elkeen van hulle een stukkie brood kry en dan sal hulle buitendien omkom van die honger, en ons dalk saam met hulle, omdat die wat het in die minderheid is teenoor die wat nie het nie. Die versorging van armes is ‘n groot vraagstuk in die wêreld van vandag. Tog het die profeet Jesaja gesê dat daar ‘n onderskeid sal wees tussen die wat hongerly en die wat eet:13Daarom, so sê die Here Here: Kyk, my knegte sal eet, maar julle sal honger bly; kyk, my knegte sal drink, maar julle sal dors wees; kyk, my knegte sal bly wees, maar julle sal beskaamd staan” (Jes 65: 13).

Soos jy ook seker, loop ek ook daagliks bedelaars raak. My hart is nog te sag om gevoelloos teenoor hulle te wees. Maar my groter begeerte is om die wil van my Vader in alles te doen. Dus praat ek dadelik stil-stil in my hart met Hom want ek is steeds in ononderbroke gemeenskap met Hom—dit is tog ons begeerte! Hy lei my dan wat ek in elke besondere geval moet doen. Vir die een gee ek geld, vir die ander koop ek ‘n brood en vir die ander stuur ek met leë hande weg, maar in meeste gevalle sê ek vir daardie persoon: “Jy weet my vriend, koning Dawid het gesê dat hy jonk was en ook het hy oud geword, maar nooit het hy die kinders van ‘n regverdige gesien wat om brood vra nie” (Ps 37: 25). “Daar is dus ‘n probleem tussen jou en jou God wat jy moet uitsorteer”. Dan is hulle in meeste gevalle nie gelukkig oor dit wat ek vir hulle gesê het nie want hulle het mos nie vir ‘n preek gevra nie maar vir geld!

In 1 Kor 1: 5 lees ons:dat julle in alle opsigte in Hom ryk gemaak is, in elke woord en alle kennis; soos die getuienis aangaande Christus bevestig is onder julle”. Dit is hierdie rykdom in Christus wat die ware bekeerde en wedergebore mens besit, nie materieël so ryk nie, maar ‘n rykdom in hulle gees. Hulle is ryk in geloof en vertroue. Hulle geloof spruit uit ‘n ryk liefdesverhouding met hulle Vader en Sy Seun (Gal 5: 6). Hulle vrees nie die benoudheid wat oor die wêreld kom nie want “die volmaakte liefde dryf alle vrees buite” (1Joh 4: 18). Hulle glo Jahweh se woord wat sê: “En my God sal elke behoefte van julle vervul na Sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus” (Fil 4: 19). Dit is ‘n belofte van God en hulle glo dat dié belofte aan hulle persoonlik gemaak is. Hulle kom dus in hulle nood na hulle Vader toe en maak hulle behoefte by Hom bekend, soos Fil 4: 6 sê: “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus”.

Ons groot roeping is om Jashuah aan die goddelose te verkondig. Maar, soos baie evangeliste al gesê het: “Jy kan nie die evangelie aan iemand met ‘n honger maag verkondig nie”. Daarom het baie evangeliste begin deur eerste vir die mense kos uit te deel, en dan daarna die evangelie van Jashuah aan hulle verkondig. Het dit gewerk? Het dié mense nie maar gehoor dat daar gratis kos uitgedeel word, en toe gestroom daarheen nie? Het Jashuah nie ook vir hulle gesê dat hulle agter Hom aanloop ter wille van die brood en die vis wat Hy hulle gegee het nie? (Joh 6: 26). As ons in Indië, en selfs hier in Afrika, die evangelie só moet verkondig sal ons miljoene Rande daarvoor benodig. Is die antwoord dalk eerder dat ons só diep en intieme liefdesverhouding met Jashuah sal hê dat Hy ons sal lei nie diegene by wie Hy Sy evangelie op daardie oomblik wil uitbring—honger of nie! Hy sê tog “Ek ken My eie en word deur My eie geken” (Joh 10: 14; 2 Tim 2: 19). En as hulle dan waarlik by Jashuah uitgekom het, sal Hy hulle behoeftes in alles vervul deur wie Hy ook al daartoe wil gebruik.

Ons moet ook nie vergeet dat Jahweh gesê het op verskillende plekke in die Skrif dat die goddelose sal omkom deur die swaard, die hongersnood, die wildediere en die pes. Daar is hierdie woord in Jer 11: 22 :22daarom, so spreek die Here van die leërskare: Kyk, Ek doen besoeking oor hulle; die jongmanne sal sterwe deur die swaard, hulle seuns en hulle dogters sal sterwe deur hongersnood”. Die woord kom talle plekke in die Skrif voor dat God die swaard, hongersnood, pes en ook wildediere (Jer 15: 2-3) oor die ongehoorsame en wederstrewige volk sal stuur. Toe ek vir Jahweh gevra het wat die wildediere is het Hy vir my gesê dat die mense soos wilde diere sal word. Het dit nie reeds plaasgevind nie? Maar dat miljoene deur hongersnood sal omkom is verseker. Om aan sommige van hulle goed te doen is nie verkeerd nie, maar ons verantwoordelikheid lê by die gelowiges in Christus (Gal 6: 10).


75. Die Groot dag van Jahweh.

 

Die dag van Jahweh is nie 24 uur nie. Dit is ‘n tydvak aan die einde van die dae waarin Jashuah die heerskappy oor hierdie wêreld en sy bose stelsels oorneem soos dit reeds in Dan 2:44-45 geprofeteer was: Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan —45net soos u gesien het dat sonder toedoen van mensehande ’n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het. Die grote God het aan die koning bekend gemaak wat hierna sal gebeur; en die droom is waar en sy uitlegging betroubaar”. Die geregshof van God, die regverdige Regter, is reeds gehou en aan Jashuah Messiah is die koningskap reeds al eeue gelede gegee. Maar nou tree die woord in werking. Nou het Sy dag aangebreek en ons as Sy heiliges gaan saam met Hom regeer (Dan 7: 27). Wat ‘n voorreg en ook wat ‘n groot verantwoordelikheid. Dit is waarom Paulus die Korinthiërs sterk aanspreek as Hy vir hulle sê: Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake? 3Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?(1 Kor 6: 2-3).

Maar ons Koning se sake sal vir ons belangriker moet word as ons eie. Dit was die gesindheid wat daar was in Jashuah waarna Paulus ook verwys in Fil 2: 5-11: “Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. 6Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, 7maar het Homself ontledig deur die gestalte van ’n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; 8en in gedaante gevind as ’n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. 9Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ’n naam gegee wat bo elke naam is, 10sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, 11en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader”. En Paulus self het hom uitgegiet as ‘n drankoffer teneinde vir die heidene die evangelie te bring. Sy Koning se sake was vir hom belangriker as sy eie. Lees Fil 2: 17; 2 Tim 4: 6. Hy het uitgesien na die dag waarop sy Koning kom en hy die beloning by Hom sal ontvang (Jes 40: 10).

Dit is die dag waarop die volheid van die heidene ingaan (Rom 11: 25). Dit is ook die dag waarop Sy reg na die nasies uitgebring word en alles wat hierdie wêreld se mense as reg beskou, hulle ontneem sal word. Voorwaar ‘n wonderlike vooruitsig: ‘n dag waarop reg en geregtigheid op hierdie aarde sal geskied. Alle mense wat onregverdiglik omgekom het, alle gronde wat onregverdiglik by God se kinders geroof is, ja alle onreg sal vergelde word en vergoed word aan hulle wat onregverdiglik gely het. Joël 2: 25: En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het—my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het”. Sag 9: 12: “Keer terug na die vesting, o hoopvolle gevangenes! Ook kondig Ek vandag aan dat Ek jou dubbel sal vergoed”.

Is iemand wat die Gees van Christus nie het nie, ‘n goddelose? Rom 8: 9 “Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie”. Beteken dit dat Hy sonder God is omdat Hy nie aan Christus behoort nie? Christus en Sy Vader is EEN, dus beteken dit om sonder Christus te wees ook dat so ‘n persoon goddeloos is? Vra jou Vader hieromtrent.


76. Maar ons het die sin van Christus.

 

As die Skrif so sê dan is dit so. As Paulus deur die Gees van Jahweh sê: 16Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus” (1 Kor 2: 16), dan is dit so! Maar helaas, ons ondervind dit anders! Duisende gedagtes wat ons self weet dat dit nie uit Hom is nie, stroom voortdurend deur ons. Dawid bid: “As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik u vertroostinge my siel” Ps 94: 19.

Eerstens dink ek aan die gedagtes van God. Ps 40: 6 sê: Groot dinge het U gedoen, Here my God—u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel”. Ook Ps 92: 6:Hoe groot is u werke, o Here; baie diep is u gedagtes! Ons moet gou besef dat Sy gedagtes nie ons s’n is nie: Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here. 9Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes” (Jes 55: 8-9).

Jy verklaar seker elke oggend aan God dat jy bekleë is met Christus (Rom 13: 14) en dat Hy ook jou “Volle wapenrusting is” (Efes 6: 10-20). Ek het reeds gesê dat Hy (Jashuah) my gordel van die waarheid is (Joh 14: 6); die skoene aan my voete vir die bereidheid van die evangelie; die borswapen van die geregtigheid (1 Kor 1: 30); die skild van die geloof (Gen 15: 1; Ps 3: 4); en ook vir my die helm van verlossing (Jes 59: 17). Hy is dit vir my en vir jou. Hy is ook die swaard van die Gees vir jou!

As Hy dan die helm van verlossing is beteken dit dat Hy jou verstand en denke beskerm teen alle gedagtes wat nie van die Gees van God afkomstig is nie. Jy kan Hom daarvoor bid en glo. Rom 8: 5-7 sê duidelik:Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 6Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie”.

Die skeiding van siel en gees

In Heb 4: 12 is daar ‘n woord wat al in die geledere van Bybel-leraars groot meningsverskille ontlok het:Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart”. Die Woord van God, wat ‘n “tweesnydende swaard” is, dring deur —uiteindelik—tot die skeiding van gees en siel. Ek het al in vorige hoofstukke gevra of “siel” en “gees” vir jou dieselfde fakulteit is? Met ander woorde: is dit dieselfde ding? Of is dit twee afsonderlike dinge wat albei teenwoordig is in jou binneste? Baie sielkundiges sien dit as dieselfde ding. Maar die Skrif onderskei tussen die twee: En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! (1 Thess 5: 23).

Indien jy hierdie woord in Heb 4: 12 glo en ter harte neem, sal jy ‘n werking van die Heilige Gees in jou binneste ervaar: Jy sal ervaar dat sommige kere ervaar jy iets in jou kop en sommige kere ervaar jy iets in jou hart (gees). Ek bedoel nie die pomp wat jou bloed pomp nie! As ek verwys na jou hart praat ek van jou gees. Maar as jy ‘n oortuiging in jou gees ervaar voel jy ‘n sagte brand-gevoel injou bors—‘n warm gloed daar waar jou hart sit. Dit is waarom die Emausgangers gesê het: “Was ons hart nie brandende in ons toe Hy ons met ons op die pad gespraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?” (Luk 24: 32). Maar as dit ‘n gedagte is wat van jou vlees (Siel) afkomstig is, voel jy dat dit uit jou kop kom—uit jou denke of gedagtes. Baie keer sal jy ook hoor hoe mense sê: “My kop sê vir my”. Of hulle sê: “God het jou gesonde verstand gegee sodat jy vir jouself kan dink”. Jy onthou seker nog dat die Seun ons verstand gegee het vir EEN ding en dit is om die Waaragtige te ken: “En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in Sy Seun, Jesus Christus (Jashuah Messiah). Hy is die waaragtige God en die ewige lewe” (1 Joh 5: 20). Wanneer jy Hom ken sal jy ook weet dat Hy die Hoof is van die liggaam waarvan jy ‘n ledemaat is ! (1Kor 12: 12-27). Hy doen die “dinkwerk” in die liggaam, en jy en ek voer dit uit soos ledemate van die liggaam ook werk. Die hand of die voet kan nie dink nie. Slegs die Hoof (Christus) kan. “Want My gedagtes is nie julle gedagtes nie…” (Jes 55: 7-9). In 1 Kor 2: 16 lees ons:Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus”. Die “sin van Christus” is dieselfde as “dit wat die Gees bedink” (Lees Rom 8: 5-8).

Die enigste manier waarop daar by jou onderskeid sal kom tussen jou siel (vlees) en gees is deur die lewende Woord van God wat as “tweesnydende swaard”die skeiding maak. Jy sal moet toelaat dat daar iets meer as net die Bybel met jou spreek. Jy sal moet die lewende Woord leer ken sodat jou Vader met jou sal kan praat. Die lewende Woord doen meer as net praat met jou. Dit werk ook in jou. Lees 1 Thess 2: 13: “…die woord wat ook werk in julle wat glo”.

Die worstelstryd van my vlees met die Gees van God

(LW Jy sal hier baie in die Skrif moet lees want ek kan nie alles hier skryf nie. Ek haas my om Hoofstuk 12 te skryf voordat ek (DV) na Indië vertrek. Alhoewel ek nog nie weet wanneer presies ek gaan nie. Dit kan selfs volgende jaar (2022) eers gebeur. Dan word ek 80—as Jahweh wil)

Ons het by die einde van hierdie “Hoofstuk 11” gekom, en om oor te gaan na “Hoofstuk 12” is daar ‘n beslisde saak wat ons met God moet uitmaak soos Jakob met God geworstel het by die Jabbok-rivier (Gen 32: 22-32). Jakob se naam beteken “Bedrieër”. En hierdie bedrieër het gedink dat hy deur sy eie menslike krag en pogings die seën van God kan beërf. Hy, tesame met sy moeder wat hom bederf het, het ‘n slim plan gemaak om met bedrog die eersgeboortereg, wat Esau gehad het, by hom te ruil vir ‘n pot lensiesop. Lees Genesis 25: 19-34. Sy moeder was baie slim—seker as gevolg van die “Boom van kennis” waarvan alle mense geëet het na die Sondeval. Ook was Jakob haar witbroodjie. Nie sy, of hy, het die seëninge probeer bekom deur die aangesig van God te soek nie. Soos sy oupa Abraham gedoen het (Lees Rom 4: 1-3) het hulle twee deur ‘n bose komplot net die teenoorgestelde gedoen: “Ek sal self”. Lees oor hierdie skelm manier waarop Jakob die seën van die eersgeborene deur sy vader Isak, bekom het. Maar “Abraham het God geglo” en daarom het God hom geseën. God was van plan om Jakob ook te seën maar moes hom eers deur ervaringe laat gaan wat sy “Eie ek” sou afbreek en sy naam sou verander van “bedrieër” na “Israel”. Dit was ‘n moeilike pad!

Eers moes hy vlug vir sy broer Esau, nadat hy sy eergeboortereg by hom gesteel het. Hy het op sy moeder se advies na sy oom Laban in Haran, gevlug. Maar voor sy vertrek het hy het toe uiteindelik die seën van sy vader Isak ontvang en daarna het hy vertrek (Gen 28: 1-7). Op pad het God hom ‘n droom van ‘n engele-leer uit die hemel laat sien (Gen 28: 12). God het bo-aan gestaan en hom die belofte gegee dat hy hom en sy nageslag, wat sal wees soos die sand aan die see, sal seën. Ook het die seën behels dat “in jou en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word” (Gen 28: 14). Dit het bedoel dat die Christus (Messiah) uit sy nageslag gebore sou word.

Hierna het Jakob vertrek na Laban, sy oom, om vir hom te gaan werk. Hy was lief vir Ragel en was gewillig om 7 jaar vir haar te werk. Maar toe het Laban haar suster Lea vir haar gegee, en moes hy nog 7jaar vir Ragel werk. Eindelik is hy by Laban weg met sy twee vroue en hulle kinders (ook slavinne en hulle kinders), en ook baie vee. Hy moes vlug vir Laban (Gen 31).

Op pad na sy land land—die Beloofde Land— het die engele van God hom ontmoet (Gen 32: 1-2). Hy was bang vir sy broer Esau, vir wie hy nou vir die eerste keer na sy wegvlug, weer in die oë moes gaan staar (Gen 32: 6-12). Hy het die nag daar oorgebly en in sy nood tot God gebid (Vers 11-13). Hulle twee het, na ‘n geskenk van Jakob, weer versoen geraak (Vers 20-21).

Daardie nag het “‘n Man het met hom geworstel tot dagbreek toe” (Gen 32: 24). “En toe Hy (die Man) sien dat Hy hom nie kon oorwin nie, slaan Hy hom op sy heupbeen, sodat die heupbeen van Jakob uit lit geraak het in die worsteling met Hom” (Vers 25). “Toe sê hy (Jakob): Ek sal U nie laat gaan tensy U my seën nie” (Vers 26). Vers 29: “En Hy het hom daar geseën”

Jakob het geworstel met God en met die mense —insluitend homself — en het oorwin. Hy het toe uiteindelik die seën van God verkry! (Gen 32: 28; Hosea 12: 4-5). Die stryd tussen die vlees en die Gees waaroor Paulus in Gal 5: 17 geskryf het, het nie nodig om ’n lang en uitgerekte stryd te wees nie. Jy moet net die regte keuse maak en dan God vasgryp daarvoor!

Jy sal ook, soos Jakob, eers moet swak word in jouself. “My genade is vir jou genoeg, want My krag word in swakheid volbring” (2 Kor 12: 9). Jy sal moet wanhoop in jouself en glo dat “As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die Here die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter” (Ps 127: 1). Jy sal Jashuah moet glo en ook prakties lewe in dit wat Hy sê: “Sonder My kan julle NIKS doen nie” (Joh 15: 5). Hierdie worsteling kan ‘n lang en pynlike proses word as jy met die verkeerde motief met God en jouself worstel. Wil jy waarlik die seëninge van God, wat in Jashuah is, bekom? (Efes 1: 3). Jy kan op verskeie manier en terreine deur God geseënd wees. Watter een kies jy? Materiële seëninge? Of kies jy om in ‘n geseënde liefdesverhouding met Jashuah en jou hemelse Vader te lewe? Bid hieroor en dan wag jy op Hoofstuk 12 sodat ek dit voltooi. Terwyl jy wag bid ook ernstig vir my dat ek God se woord aan jou sal kan skrywe! Amen